O, die ongemak van weelde

2010-03-06 23:08

Mnr. Morgan Tsvangirai, MDC-leier.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Dis belangrik dat ek met my nuwe ministeriële Mercedes en my lyfwagte by my ondersteuners opdaag, want só sien hulle hul vryheidstryd was nie vergeefs nie.”

Aan die woord is – nie een van pres. Robert Mugabe se trawante nie – maar die MDC-hoofwoordvoerder en Zimbabwe se adjunk-minister van inligting, mnr. Nelson Chamisa (32).

Chamisa het die afgelope week probeer verduidelik waarom MDC-ministers hulle met luukses omring – net soos Mugabe se kabinetslede uit die Zanu-PF.

Mnr. Morgan Tsvangirai, MDC-leier en eerste minister, het in Februarie verlede jaar ingestem om ’n regering van nasionale eenheid saam met Mugabe te vorm. Ondanks die MDC se uitgesproke weersin in Mugabe en sy ondersteuners se vergrype, is daar deesdae min te onderskei in die leefstyl van MDC- en Zanu-PF-kabinets­lede.

Tsvangirai het ook begin gholf speel en hy bring baie ure deur op sy gunsteling-gholfbaan, Ruwa, buite Harare. Dit was tydens een van sy gholflesse – aangebied deur mnr. James McGee, die voormalige Amerikaanse ambassadeur in Zimbabwe – dat Mugabe Tsvangirai glo gekontak en hom uitgetrap het omdat hy nie die begrafnis van een van die land se oorlogshelde bygewoon het nie.

Maar anders as sy eie MDC-ministers sukkel Tsvangirai om Mugabe te oorreed om al die simbole van mag – wat hy meen die eerste minister toekom – aan hom te gee.

Tsvangirai bly steeds in sy eie huis in Harare omdat Mugabe en sy vrou, Grace, weier om een van die twee luukse presidensiële ampswonings aan hom af te staan.

“Pres. Mugabe het persoonlike eiendom in albei huise,” het die minister van behuising, mnr. Fidelis Mhashu, gesê.

Die twee herehuise – State House en Zimbabwe House – staan oorkant mekaar in Harare.

Toe Mugabe eerste minister was, het hy in Zimbabwe House gewoon en pres. Canaan Banana in State House.

Vandag woon die Mugabes self nie in een van die twee huise nie, maar op ’n presidensiële landgoed net buite Harare.

Mhashu sê die regering soek nog na ’n geskikte stuk grond om vir Tsvangirai ’n ampswoning te bou.

Ander MDC-ministers deel egter nie Tsvangirai se behuisingsnood nie. Almal het die gemak van ministeriële ampswonings betrek.

Mhashu, ’n MDC-aanstelling, sê hy was aanvanklik oorbluf oor die ministeriële luukses wat hy moes aanvaar.

“Ek het wel my eie karretjie en ’n klein huisie besit en het verwag dat dit darem beter sal gaan as ek ’n kabinetspos sou kry, maar ek was swak voorberei op die skielike blootstelling wat sou volg,” het hy gesê.

Binne twee dae nadat hy en sy 15 MDC-kollegas verlede Februarie deur Mugabe ingehuldig is, het hulle elk drie nuwe ampsmotors in besit geneem – ’n Mercedes en twee luukse 4x4’s elk.

Mhashu het as behuisingsminister die onbenydenswaardige taak gehad om ’n ampswoning aan homself toe te ken.

Hy het een luukse huis in Chispite, een van Harare se spogbuurte, uitgesoek en sy eerste vrou met die taak gelaat om huis- en tuinwerkers aan te stel.

Vir sy tweede vrou het hy ’n ampswoning in die duur Marimba Park-buurt uitgesoek.

“Dit was aanvanklik moeilik om al die nuwe dinge om my in te neem. Skielik het minstens twee motors vol gewapende lyfwagte my gevolg waar ek ook al wou gaan.

“Dit het tyd geverg om dit te verwerk dat selfs my naaste familielede by my voorhek voorgekeer en my toestemming eers gevra is voordat hulle ingelaat is. Die 24-uur-veiligheidsmaatreëls was aanvanklik ongemaklik,” het Mhashu gesê.

Maar soos Chamisa het hy intussen aan die ongemak van politieke mag begin gewoond raak.

“Hulle leef groot,” sê gewone Zimbabwiërs.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.