Obama, Romney raak nou bitsig

2012-08-04 23:43

Goew. Mitt Romney, Republikeinse kandidaat in die Amerikaanse presidentsverkiesing, plaas ’n gebedsnota in die Klaagmuur in Jerusalem, die Judaïsme se heiligste plek. Romney het op sy pas afgelope besoek aan Israel verklaar hy sal Israel steun as hul

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Amerikaanse presidentsverkiesing lê nog meer as drie maande in die verskiet, maar die veldtog dreig nou al om aan albei kante een van die vuilste nog te word.

Van die grootse begeestering wat pres. Barack Obama vier jaar gelede onder soveel kiesers teweeggebring het, is min te sien.

Trouens, alles dui daarop dat Obama se Demokratiese Party besluit het op ’n negatiewe aanslag.

Tipies hiervan was ’n onderhoud wat sen. Harry Reid, leier van die Demokrate in die senaat, onlangs met die nuuswebwerf The Huffington Postgehad het.

Daarin het hy met ’n kronkeling van woorde te kenne gegee Obama se Republikeinse teenstander, die skatryk goew. Mitt Romney, betaal al tien jaar lank geen belasting nie.

Hy het dit glo by ’n (anonieme) belegger in Bain Capital, Romney se maatskappy, gehoor.

Sy woorde was slim: “Weet ek of dit waar is? Ek is nie seker nie, maar hy wil nie sy belastingaanslae openbaar maak nie.

“Watse indruk wek dit dan? U sê hy besit $250 miljoen. Ag wat, dis baie meer.”

Romney het inderdaad net sy belastingaanslae vir 2010 en 2011 openbaar gemaak. Daaruit blyk dit dat sy belastingkoers – binne die reëls – aansienlik laer is as dié van arm mense.

Romney het Reid se aantyging in ’n onderhoud ontken, maar wou ook nie sy belastingsake van voor 2010 bekend maak nie.

Sulke soort skimpe is nou deel van die Demokratiese aanslag teen Romney, wat geskets word as ’n obseen ryk miljoenêr wat niks vir arm mense omgee nie.

Obama het juis die afgelope week ’n bevinding van die Wash­ingtonse Brookings-instituut dat Romney se plan vir belastingverligting van rykes die las op armes sal verswaar, aangegryp om sy teenstander as ongevoelig af te maak.

Die Republikeine staan nie terug nie. John Sununu, een van Romney se luitenante, het Obama daarvan beskuldig dat hy as tiener dagga gerook het. Hy het ook gesê die jare wat Obama as kind in Indonesië deurgebring het, maak dat hy Amerika nie verstaan nie.

In TV-advertensies word ook weer twyfel gesaai oor die vraag of Obama ’n geheime Moslem is en of hy op Amerikaanse grondgebied gebore is. As dit nie die geval is nie, mag hy ingevolge die Amerikaanse grondwet nie president wees nie.

Dat Obama Christelik opgevoed is en dat sy geboortesertifikaat wys hy is in Hawaii – een van die 50 state van Amerika – gebore, skrik die Republikeine nie af nie. Hulle skilder hom as ’n gevaarlike sosialis wat die land aan enige denkbare vyand wil oorgee.

Peilings wys Obama loop tans naelskraap voor met 47% teenoor 45%. Bowendien meen die meeste kiesers in minstens drie deelstate wat die deurslag kan gee, Pennsilvanië, Ohio en Florida, dat Obama meer vir hulle omgee as Romney.

Altesame 60% van die kiesers landwyd meen Obama is “eerlik en betroubaar”, teenoor 50% wat Romney só sien. Romney kan ook benadeel word deur sy lomp reaksies op situasies waarop hy nie voorbereid is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-18°C Passing showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 9-15°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-24°C Broken clouds. Mild. PE: 12-21°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Financial Manager - Corporate Banking

Johannesburg
The Personnel Concept
R800000 - R900000

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.