Obama gryser en wyser

2013-01-20 01:29

Hy word nie meer as ’n Messiaanse figuur beskou wat die wêreld se probleme gaan oplos nie, maar pres. Barack Obama van die VSA is wêreldwyd steeds baie gewild.

’n Sigbaar gryser Obama word vandag in die stad Washington vir sy tweede termyn as Amerikaanse president ingehuldig.

Hy kon nie vrede in die wêreld se brandpunte bring nie en het nie veel gedoen om klimaatverandering te stuit of globale ekonomiese groei aan die gang te kry nie.

Obama word wel geloof dat hy ten minste nie nuwe oorloë begin het nie en probeer het om verhoudinge met die Moslem-wêreld te herstel, selfs al het hy Al-Kaïda en sy bondgenote aggressief vervolg.

Die Amerikaanse publiek loof hom dat hy VSA-troepe aan Irak onttrek het en dieselfde in Afganistan wil doen.

Terselfdertyd word hy onder meer gekritiseer omdat hy nie die tronk by ­Guantánamobaai, Kuba, gesluit het nie.

“Ek dink hy het ’n paar dinge wyser geword. Hy gaan homself meer laat geld. Hy is bereid om te baklei om die ekonomie aan die gang te kry,” het Curtis Gans, direkteur van die Amerikaanse Universiteit se sentrum vir die studie van die Amerikaanse kieserskorps, gesê.

In ’n videoboodskap wat voor die seremonie deur die Withuis uitgereik is, sê Obama: “Die land het al vantevore deur moeilike tye gegaan, maar ons het altyd anderkant uitgekom.”

Obama se tweede termyn begin amptelik vandag.

Die dag en tyd word deur die land se grondwet bepaal, maar omdat dit vanjaar op ’n Sondag val, word die openbare geleenthede môre gehou, wat ook ­Martin Luther King-dag, ’n Amerikaanse vakansiedag, is.

Na verwagting sal tot 800 000 mense môre die openbare seremonie bywoon wat om 11:30 daar begin.

Dit is heelwat minder as die 1,8 miljoen tydens sy eerste inhuldiging in 2009.

Die popsangeres Beyoncé sal vanjaar tydens die seremonie die volkslied sing. Die aand sal Obama en sy vrou, Michelle, na ’n militêre bal en een vir die publiek gaan.

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira is een van die kunstenaars uit Afrika wat die aand sal optree.Saamgestel deur Carien Kruger met behulp van Sapa-AP-AFP, The Telegraph, CNN.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Financial Manager - Corporate Banking

Johannesburg
The Personnel Concept
R800000 - R900000

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.