Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Ontvoerde tree vir tree op herstelpad

2010-03-06 23:08

Dugard en haar twee dogters is in tente en opslaangeboue in die agterplaas van dié huis aangehou.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Dis ’n lang pad wat ek loop, maar ek is besig om aan die ander kant uit te kom.”

So het Jaycee Lee Dugard (29), die jong Amerikaanse vrou wat byna twee dekades lank as ’n seksslaaf in ’n veroordeelde seksoortreder se agterplaas aangehou is, gesê in ’n nuwe tuisvideo wat Vrydag uitgereik is.

Dié video, wat eksklusief aan ABC News in Amerika beskikbaar gestel is, wys hoe Dugard tuis saam met haar ma, Terry Probyn, koekies bak en met haar honde speel.

Jaycee en haar twee dogters leef in afsondering saam met Probyn.

In die video sê sy: “Hallo, ek is Jaycee. Ek wil julle bedank vir jul ondersteuning. Dit gaan goed.”

Dis Dugard se eerste openbare aankondiging sedert haar vermeende ontvoerders, Philip Garrido (58) en sy vrou, Nancy (54), in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem is.

Hulle is op 29 klagte van onder meer ontvoering en verkragting aangekla.

Dugard is gered nadat sy 18 jaar gelede as 11-jarige binne loopafstand van haar huis in South Lake Tahoe, Kalifornië, verdwyn het.

Nancy het Garrido bygestaan toe hy Dugard in tente in die agterplaas by hul huis in Antioch, Kalifornië, versteek het.

Die Garrido’s se huis is ongeveer 180 km van Jaycee se ouerhuis.

Nancy het ook gehelp om dit geheim te hou dat haar man twee kinders – wat nou onderskeidelik 15 en 11 jaar oud is – by Dugard verwek het.

Luidens berigte in die Amerikaanse media het Dugard laat blyk sy het nou genoeg selfvertroue om die wêreld in die oë te kyk.

“Ons het dié video uitgereik sodat julle kan sien ons is gelukkig en dit gaan goed met Jaycee en haar dogters,” sê Probyn in die video.

“Maar as haar ma pleit ek vir ons privaatheid in hierdie baie openbare storie.”

Owerhede hou vol dat Dugard nie met Garrido of sy regsverteenwoordigers wil praat nie.

Hulle probeer alles moontlik om haar en haar ouers se verblyfplek geheim te hou.

Luidens berigte het die twee tieners egter laat blyk hulle mis hul pa. Hulle was glo baie geheg aan hom, en is ontsteld daaroor dat hy in die tronk is.

Volgens Dugard se stiefpa, mnr. Carl Probyn, “het die meisies hulle vyf as ’n gesin beskou; hul ma as hul suster”.

“Hulle het gehuil toe hul pa in hegtenis geneem is. Hulle het nooit besef hul ma was ’n gevangene nie.”

Dit het ook nou aan die lig gekom dat Garrido sy lyf prediker gehou het en gereeld godsdienstige pamflette uitgedeel het.

Lewer kommentaar op dié storie


Ollie 3/7/2010 12:37:45 PM
Dis darem maar siek as mens dink wat die vark en sy vrou aan 'n kind gedoen het, watse merke het dit in die vrou se lewe gelos? Ek persoonlik hoop hy en sy vrou vrot in die tronk. Gelukkig sulke dade sal nie ongestraf bly nie, die Here slaap nie. Ek wens die vroutjie alle voorspoed, geluk en vreugde toe, en hoop van harte dat sy heeltemal herstel van hierdie nare gebeurtenis.
JJ 3/11/2010 12:47:21 PM
Moenie worry nie, die ouens in die tronk het nie tyd vir kindermolesteerders nie. Daar gaan hulle K@K.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Limited 2.8 CRD 4x4 Dsl AT
2005
R 179,995.00

FIAT

Strada 1.2 EL PU
2006
R 59,995.00

AUDI

TT Roadster Quattro 1.8
2004
R 189,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...