Ook Britte sien prins nou kaal in koerant

2012-08-25 23:19

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die herrie in Brittanje oor die kaalfoto’s van prins Harry is nog lank nie verby nie.

Waar die Britse media eers op eiers geloop het deur nie die foto’s te publiseer nie nadat die res van die wêreld dit vrylik op die internet kon bekom, het The Sun Vrydag wel op publikasie besluit.

Dié stap kan die koerant dalk voor die Britse persklagteraad (PCC) laat beland.

Harry het met 25 vriende in ’n private suite in ’n hotel in Las Vegas in die VSA gekuier. Hy en sy gevolg het ’n paar jong vroue in die hotel se kroeg oortuig om by hul partytjie aan te sluit.

Bo in die suite het dinge rof geraak toe hulle strip pool gespeel het.

Harry was glo die eerste wat van sy klere laat waai het.

Een van die vroue het toe foto’s geneem wat sy glo later aan die Hollywood-webwerf TMZ verkoop het. Twee foto’s is gepubliseer van waar Harry poedelnaak staan en sy kroonjuwele vasklou terwyl ’n jong ongeïdentifiseerde vrou agter hom staan.

’n Tweede foto wys hoe die jeugdige prins kaalboud staan en ’n jong vrou vashou. Weens die swak gehalte van die foto’s is dit onbekend of dit dieselfde vrou is.

Die Buckingham-paleis het erken dit is Harry op die foto’s en die Britse pers versoek om sy privaatheid te respekteer deur nie die foto’s te publiseer nie.

The Sun het aanvanklik op ’n gemanipuleerde foto die gesig van ’n manlike model gepubliseer. Maar Vrydag het die koerant van plan verander en in ’n lang redaksionele skrywe gesê die wêreld het al die foto’s gesien en dit is in die publiek se belang om dit onder oë te kry.

Die koerant het toe onder die opskrif “Heir it is” die regte foto’s gepubliseer.

Sowat 850 klagtes teen The Sun se besluit is by die PCC aanhangig gemaak.

The Sun het sowat R210 000 vir die foto’s betaal.

Die bekende Britse beeldpoetser Max Clifford het aan The Washington Post gesê hy is deur twee vroue genader wat nóg foto’s van die partytjie aan hom wou verkoop. Hy het die aanbod van die hand gewys. Clifford reël stories vir die Britse media.

’n Bron na aan die koningshuis het gister uit Londen aan Rapport gesê die prins het ’n begeerte om “’n normale kind” te wees.

“Hy vergeet hy is ’n bekende koninklike lid. Hy wil aanvaar word as ’n doodgewone ou. En as hy nie op sy hoede is nie, gebeur hierdie soort goed soos die foto’s,” het sy gesê.

“Prins Philip (Harry se oupa) lag net oor die aangeleentheid, en Richard Branson is baie ondersteunend teenoor die prins.”

(Bykomende bronne: The Washington Post, The Sun)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.