Orlando se vrou sit die ‘ma’ in ‘massiewe’
2012-10-20 23:33
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
In Suid-Afrika was Miranda Kerr net ’n gewone ma wat met haar babaseun op die promenade in Seepunt gestap het terwyl pa Orlando Bloom aan sy nuwe fliek elders in Kaapstad gewerk het.
Dié 29-jarige model het selfs ’n foto van haar en Flynn (20 maande) getwiet.
Maar kyk jy na die nuwe onderklere-advertensies van Victoria’s Secret wys dit ’n ander kant van dié getroude vrou.
Op seker die uitdagendste foto van die reeks neem Kerr ’n uitlokkende houding aan terwyl sy bo-stukloos en met haar rug na die kamera staan terwyl sy ’n wollerige kussing teen haar bors vasdruk.
Ander foto’s wys die Australiese skoonheid in ’n buustelyfie met dieremotiewe.
Kerr, wat in 2010 met die Britse akteur getroud is, het onlangs die no.?1-plek op Maxim se lys van die 100 sexyste Australiese vroue gehaal. Kerr het spesiaal na Suid-Afrika gevlieg om by haar man te kom kuier terwyl hy aan die fliek Zulu werk.