Oscar-benoemings

2012-01-25 11:14

Kaapstad. – Martin Scorsese se liefdesprent vir die rolprentkuns – die 3D-fantasie Hugo – is voor in die jongste Oscar-wedloop met 11 benoemings.

Op sy hakke is The Artist , ’n swart-en-wit stilprent van Michel Hazanavicius, met tien.

Dit is die eerste keer in sowat agt dekades dat ’n “stilprent” so goed vaar in die benoemings.

Die benoemings vir die 84ste Oscars is gister in Los Angeles bekend gemaak.

Dié twee besonderse rolprente wat onderskeidelik in 1920 en 1930 afspeel, staan sterk in al die kategorieë, terwyl Hugo veral uitblink vir tegniese versorging. Dit gaan oor ’n seun wat in ’n spoorwegstasie in Parys woon.

The Artist gaan oor ’n akteur van stilprente wat probeer oorleef met die koms van praat-rolle.

Daar was nie veel verrassings wat die benoemde akteurs betref nie.

Meryl Streep is onder die benoemdes vir beste aktrise vir haar ysere vertolking van die Britse premier Margaret Thatcher in The Iron Lady. Sy is nou al ’n geskiedkundige 17 keer vir ’n Oscar benoem, maar het die beeldjie nog net twee keer gewen – as byspeler in Kramer vs Kramer en aktrise in Sophie’s Choice.

Sy is benoem saam met Glenn Close (Albert Nobbs), Viola Davis (The Help), Rooney Mara (The Girl with the Dragon Tattoo) en Michelle Williams (My Week with Marilyn). George Clooney is, soos verwag is, vir beste akteur benoem vir The Descendants – as ’n pa wat na sy kinders moet omsien nadat sy vrou in ’n koma verval. Hy meet kragte met Demián Bichir (A Better Life), Jean Dujardin (The Artist), Gary Oldman (Tinker Tailor Soldier Spy) en Brad Pitt (Moneyball).

Van die ander benoemings is:


Beste rolprent:
The Artist , The Descendants, Extremely Loud & Incredibly Close, The Help, Hugo, Midnight in Paris, Moneyball, The Tree of Life en War Horse.
 
Beste ondersteunende akteur:
Kenneth Branagh (My Week with Marilyn), Jonah Hill (Moneyball), Nick Nolte (Warrior), Christopher Plummer (Beginners) en Max von Sydow (Extremely Loud & Incredibly Close).

Beste ondersteunende aktrise:
Bérénice Bejo (The Artist),
Jessica Chastain (The Help),
Melissa McCarthy (Bridesmaids),
Janet McTeer (Albert Nobbs) en Octavia Spencer (The Help).

Beste regisseur:
Michel Hazanavicius (The Artist), Alexander Payne (The Descendants), Martin Scorsese (Hugo), Woody Allen (Midnight in Paris) en Terrence Malick (The Tree of Life).

Beste animasieprent:
A Cat in Paris , Chico & Rita , Kung Fu Panda 2 , Puss in Boots en Rango.

- Die Oscars word op 26 Februarie in die Kodak-teater in Los Angeles uitgedeel.


* Volg Rapport op Twitter en Facebook



 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.