Ou knol teen Kate

2013-02-23 23:05

Swaargewig-skrywer... Hilary Mantel in The Guildhall, Londen, toe sy verlede jaar die Man Booker-prys gewen het vir haar blitsverkoper Bring Up the Bodies. | Foto: getty images/Ben Pruchnie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bump 1, Grump 0.”

Só het die Britse poniekoerant The Sun Woensdag in ’n opskrif die uitkoms beskryf van ’n “geveg” tussen ’n bekroonde skrywer en Brittanje se liefling, ­Catherine, die hertogin van Cambridge.

Kate, wat verwagtend is (daarom die “Bump”) is deur die “suurknol” Hilary Mantel (“Grump”) beskryf as ’n winkelpop sonder enige persoonlikheid.

Mantel (60), wat die gesogte Man Booker-prys al twee keer gewen het met werke wat afspeel in die era van Henry VIII, het Cathe­rine tydens ’n lesing in Londen bygekom.

Dié swaargewigskrywer het Kate beskryf as “pynlik maer” en “met vernis afgewerk”.

Mantel het ook gesê Kate is “deur ’n komitee ontwerp en deur ambagslui gemaak, met ’n perfekte plastiekglimlag”.

Dié Mantel-kritiek het ’n mediastorm veroorsaak. Daily Mail het in ’n voorbladberig uitgevaar teen dié “verstommende en gif­tige aanval”.

Dié koerant, wat erg koningsgesind is, het Mantel ook goed in ’n snydende spotprent bygekom.

En die ewe koningsgesinde The Sun het triomfantelik berig dat Kate, wat op grond van protokol nie kon reageer nie, daarna op die bes moontlike manier “teruggeslaan” het.

Volgens The Sun het sy dít gedoen deur pragtig en elegant te lyk op haar eerste openbare verskyning kort daarna. Haar swanger bump was boonop by dié geleentheid by Hope House in Londen, waar sy vroue ontmoet het wat van alkohol- en dwelmverslawing herstel, vir die eerste keer sigbaar.

Ook David Cameron, die Britse premier, het tot Kate se verdediging gekom. Mantel is ’n uitstekende skrywer, maar was “heeltemal verkeerd” met haar kritiek, het ­hy gesê.

“By openbare geleenthede soos die Olimpiese Spele het ek prinses Kate ervaar as slim en aangenaam, iemand wat ’n fantastiese ambassadeur vir Brittanje is,” het Cameron gesê. – Korrespondent, Londen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.