Page sing nou ‘Heavenly Waltz’
2013-01-05 23:23
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Patti Page, die Amerikaanse sangeres wat in die 1950’s van “Tennessee Waltz” een van die topverkoper-liedjies van alle tye gemaak het, is dood.
Sy was 85 en het op Nuwejaarsdag in Encinitas in Kalifornië gesterf, het haar reklameagent, Schatzi Hageman, gesê.
Page was die 1950’s se topverkoper-sangeres en spog met verkope van meer as 100 miljoen plate.
Naas “Tennessee Waltz”, wat die deelstaat Tennessee aangeneem het as een van sy twee amptelike liedjies, is haar ander bekendste liedjie “(How Much is That) Doggie in the Window”.
“Tennessee Waltz” is ná 60 jaar steeds die derde grootste verkoper tot nog toe.
– AP