Paris leer ook nie

2010-08-28 23:53

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Las Vegas. – En daar doen Paris Hilton dit wraggies weer!

Die Amerikaanse sosiale vlinder is laat Vrydagaand vir die onwettige besit van kokaïen in hegtenis geneem, nadat die voertuig waarin sy was, afgetrek is.

Mnr. Marcus Martin, ’n polisiewoordvoerder, het gesê Hilton is gisteroggend in die Clark County Detention Center aangehou op ’n klag van die onwettige besit van kokaïen.

Hilton was in ’n voertuig wat deur ’n vriend bestuur is. Beamptes het die voertuig afgetrek nadat hulle ’n daggadampie uit die voertuig sien kom het. Die polisie het ’n middel in Hilton se besit gevind, wat later as kokaïen getoets is.

Martin het gesê hy weet nie hoeveel kokaïen gevind is nie.

Die polisie het gesê sy sou waarskynlik gistermiddag op ’n skulderkenningsboete weer vrygelaat word.

Dié nuwe drama kom net weke nadat sy in Frankryk én Suid-Afrika met dwelms betrap is.

In Julie is Hilton op die Franse eiland Korsika, digby die Italiaanse kus, in hegtenis geneem en aangehou nadat die polisie minder as ’n gram dagga in haar ontwerpershandsakkie gevind het.

Omdat die hoeveelheid dagga so min was, is sy egter nie aangekla nie en binne ’n halfuur weer vrygelaat.

Dít volg nadat sy op 2 Julie ná ’n Wêreldbeker-sokkerwedstryd tussen Brasilië en Nederland in Port Elizabeth saam met haar vriendin Jennifer Rovero vir die besit van dagga in hegtenis geneem is.

Rovero, ’n gewese Playboy Play­mate, het skuld erken en is ’n boete van R1 000 of 30 dae tronkstraf opgelê. Die klag teen Hilton is toe laat vaar.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Enjoy 5-dr MY08
2009
R 124,994.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV
2007
R 155,990.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.