Paris se klere waai weer
2012-01-07 23:27
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Paris Hilton kook behoorlik.
Maar nie voor die stoof nie, want dis bra onwaarskynlik dat dié skat- ryk, 30-jarige blondekop weet hoe ’n kombuis lyk. Nee, dis as FHM se voorbladlyf dat Paris stoom soos ’n gloeiende stoofplaat.
Met die opskrif “One Night with Paris” op die voorblad van sy Januarie-uitgawe, wat Vrydag in Brittanje verskyn, spog FHM met Hilton wat in net ’n eina-bostukkie haar lang bene wys.
In ’n reeks foto’s verskyn sy ook bostukloos.
Benewens die stout foto’s is daar darem ook ’n onderhoud met een van die wêreld se bekendste erfgename en daarin verklap Hilton dat Britse mans haar veel meer aanstaan as Amerikaanse mans. Sy meen Britse mans is meer volwasse as Amerikaanse mans – en sy hou in elk geval baie van die Britse aksent.
Nou wonder die skindertonge hoe dié uitlating haar liefdeslewe gaan raak, want sy hou vol sy is steeds kêrelloos.
Maar die paparazzi in Hollywood sien haar al hoe meer in die geselskap van die Nederlandse platejoggie Nick van de Wall (24).
In die FHM-onderhoud praat sy openlik oor haar vriendskap met die Britse prinse Harry en William.
“Ek was al ’n paar keer in Londen en ons het uitgegaan. Hule is baie aangenaam.”
Sy wil oor ses maande terugkeer na die musiekbedryf en begin liedjies opneem.