Proesel van ‘Elysium’ gewys

2012-07-15 00:01

Sharlto Copley

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In 2009 het liefhebbers van wetenskapfiksie by ­’n beraad in Kalifornië vir die eerste keer ’n klein aksierolprent met onbekende akteurs te sien gekry wat in Johannesburg afspeel.

’n Jaar later het District 9 sy regisseur, die Suid-Afrikaner Neill Blomkamp, ’n superster gemaak en vier Oscar-benoemings losgeslaan.

Blomkamp het Vrydagaand sy jongste poging op Comic-Con, die wêreld se grootste beraad oor strokiesprente en populêre kultuur, onthul. Dit is die eerste keer wat ’n uittreksel uit sy rolprent Elysium vertoon is.

Matt Damon, Jodie Foster en Sharlto Copley is in die hoofrolle.

Sowat 100 000 wetenskapfiksie- en strokiesprent-aanhangers trek jaarliks saam by Comic-Con.

Volgens Blomkamp het hy sewe minute van Elysium op Comic-Con kom wys om dié mense te bedank vir hul steun aan sy vorige fliek.

Copley, wat ook die hoofrol in District 9 vertolk het, het gesê 2009 se Comic-Con was bepalend vir sy loopbaan. Sedertdien het hy in The A-Team gespeel en tans werk hy in Londen aan Malevolent saam met Angelina Jolie.

“Ek moet myself nou nog knyp. Ek speel ­Angelina Jolie se liefde!” borrel hy.

“My skoolvriende weier om dit te glo.”

Copley hoop Elysium, wat vroeg volgende jaar uitgereik word, sal bewys District 9 “was nie net ’n gelukskoot nie”.

Elysium speel af in die toekoms, waar die wêreld só uitgebuit is dat die rykes geëmigreer het na ’n planeet waar armoede nie bestaan nie.

Volgens Damon was dit nie ’n moeilike besluit om die hoofrol in die rolprent te speel nie. Nadat hy District 9 gesien het, het hy geweet hy móét saam met Blomkamp werk.

In Elysium speel hy een van die armes op aarde wat ’n ruimtetuig kaap en na die rykes se planeet reis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.