Ramp ná ergste droogte in 60 jaar

2011-07-23 21:09

’n Ondervoede vlugtelingkind word geweeg by die hospitaal waar Dokters Sonder Grense (DSG) in Dadaab, Kenia, mediese hulp aan Somaliese vlugtelinge verleen. Foto: Oli Scarff/Getty Images

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Suid-Afrikaanse regering het ’n pleidooi gerig aan burgers, gemeenskapsorganisasies, kerke, sakelui en die media om te help met die enorme hongersnood in Somalië.

Dié land, wat al langer as 20 jaar in gewapende konflik gewikkel is, gaan gebuk onder die ergste droogte in 60 jaar en bykans 3,7 miljard Somaliërs word deur hongersnood in die gesig gestaar.

Mnr. Marius Fransman, adjunkminister van internasionale betrekkinge, het Vrydagoggend op ’n mediakonferensie by die parlement aangekondig die regering sal enige geldelike hulp van Suid-Afrikaners rand vir rand ewenaar.

Fransman het gesê die departement hoop om sowat R1 miljoen te skenk.

“Somalië het ernstige uitdagings, dit is ’n mislukte staat en het feitlik in duie gestort, maar die Suid-Afrikaanse regeringsposisie is dat die omvang van die probleme bloot opgelos móét word, maar deur die Afrika-unie (AU),” het hy gesê.

“Die AU het ’n beroep op lande gedoen om internasionale solidariteit te betoon en dit vereis dat ons moet ingryp waar humanitêre hulp nodig is. AU-instrumente sal verseker die hulp en voedsel gaan nie na strydende krygshere nie.”

Hy het ontken dat die AU “aan die slaap was” oor die toestand in Somalië.

Mislukte oeste, hoë voedselpryse en bykans geen toegang aan hulpverleningsorganisasies nie het die Verenigde Nasies (VN) verlede week gedwing om ’n hongersnood te verklaar.

Unicef, die VN-fonds vir kinders, het Vrydag gesê sowat 720 000 kinders se lewens is in gevaar en dat hulp na die Horing van Afrika op groot skaal aangepak word.

As gevolg van die oorlogstoestande in Somalië is talle vlugtelingkampe in Kenia en Ethiopië die beste plekke vir toegang tot die beleërde Somaliese burgers en ondervoede kinders.

Volgens Dokters Sonder Grense (DSG) behandel hulle reeds sewe maal meer pasiënte as verlede jaar.

“Dit is lewensbelangrik dat sowel beperkings op as hindernisse tot humanitêre hulp verwyder word omdat die situasie net vererger,” het dr. Unni Karunakara, internasionale hoof van DSG, gesê.

As gevolg van die beperkte hulp ín die land neem aankomste by vlugtelingkampe in die streek snel toe. DSG-spanne behandel groot getalle ondervoede pasiënte en een uit drie kinders is akuut ondervoed.

Gift of the Givers, die Suid-Afrikaanse humanitêre organisasie wat ook hulp verleen het aan Haïti en Japan, neem Donderdag ’n vrag met voorraad na Mogadisjoe.

***

Hoe jy kan help

* Gift of the Givers
Humanitêre vlug met 35t noodsaaklike voorraad vertrek Donderdag 28 Julie na Mogadisjoe, Somalië.
Kontak mnr. Imtiaz Sooliman in verband met bydraes.
083 236 4029
www.giftofthegivers.org

* Dokters Sonder Grense
’n DSG-noodfonds wat verseker dat mediese humanitêre hulp aan Somaliërs voortgesit word.
Kontak mnr. Stephen Miller in verband met enige bydraes.
011 403 4440/1
www.msf.org.za

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!