Romney klop Obama in debat

2012-10-05 12:06

DEN HAAG. – Goew. Mitt Romney is terug in die Amerikaanse presidentsverkiesing. Hy het duidelik die eerste televisiedebat met pres. Barack Obama gewen, is die oorweldigende konsensus van onafhanklike waarnemers.

Romney het oorgeloop van selfvertroue en het aggressief onder die president se vertoning van die afgelope vier jaar ingeklim.

Hy het Obama kwaai gekapittel omdat Obama toegelaat het dat die Amerikaanse staat-skuld ongekende hoogtes bereik het en oor die groeiende werkloosheid en die gebrek aan leiding oor hoe om uit die ekonomiese krisis te kom.

Obama, so stem kenners saam, was nie naastenby die man wat mense vier jaar gelede byna tot raserny kon dryf met sy meeslepende retoriek nie. Hy het ietwat onseker voorgekom, dikwels in sy notas gekyk en die indruk gelaat dat hy die materiaal nie so goed soos Romney beheer nie.

Bowendien was sy antwoorde soms langdradig teenoor die kort en kragtige antwoorde van sy teenstander. Af en toe het hy geïrriteerd en selfs neerbuigend oorgekom.

Daarby het hy Romney met moord laat wegkom. Hy het nie een keer verwys na Romney se flater-uitspraak dat die 47% van die kiesers wat vir die president stem, basies parasiete is nie. Ook Romney se verlede by die maatskappy Bain Capital, waardeur duisende mense hul werk verloor het, is nie gebruik nie.

Dit is vreemd, want die Demokrate se televisie-advertensies hieroor werk baie goed. Een teorie van waarnemers is dat Obama “presidensieel” wou oorkom. Maar as dit die geval was, het dit nie gewerk nie.

Die kykers het ook saamgestem dat Romney Obama kafgedraf het. In ’n peiling van CNN het 67% teenoor 25% gemeen hy het gewen, terwyl ’n CBS-peiling onder onbesliste kiesers gewys het dat 46% teenoor 22% Romney as wenner aangewys het.

Die groot vraag is of dit die kiesersgedrag op stemdag beduidend gaan beïnvloed. Volgens ’n peiling van NBC, die Wall Street Journal en Marist College het Romney sy teenstander se effense voorsprong in minstens twee wipplank-state, Florida en Virginië, verder verklein, hoewel hy in ’n derde, Ohio, steeds beduidend voorloop.

Nasionaal het Romney ook nader aan Obama gekruip. In ’n NBC-peiling het hy ná die debat met 46% teenoor 49% agter geloop, vergeleke met die 45% teenoor 50% voor die debat.

Prof. Tom Holbrook, ’n politikoloog aan die Universiteit van Wisconsin, het egter aan Reutersgesê televisiedebatte het sedert 1988 nooit tot ’n swaai van meer as 1 persentasiepunt gelei nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.