'Rus in vrede, Indië se dogter'

2012-12-29 22:17

’n Meisietjie hou gister ’n plakkaat vas in die Indiese stad Hyderabad tydens ’n betoging teen die wrede groepverkragting. Foto: REUTERS/Krishnendu Halder

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Met dié opskrif op die nuuskanaal NDTV is die leed van ’n nasie saamgevat oor die dood van ’n 23-jarige mediese student amper twee weke nadat sy wreed in ’n bus in Nieu-Delhi deur ses mans verkrag is.

Sy is gister in ’n hospitaal in Singapoer dood.

Die voorval het gelei tot wydverspreide onrus in Nieu-Delhi waarin meer as 100 mense beseer is en een polisielid gesterf het.

Oproermakers dring daarop aan dat vroue beter beskerm word.

’n Woordvoerder van die hospitaal het gesê die student het gesterf weens orgaanversaking.

Haar naam is nie bekend gemaak nie.

Voordat sy vir mediese behandeling na Singapoer gevlieg is, kon sy in ’n hospitaal in Nieu-Delhi inligting aan die polisie oor die aanval gee.

Die ses verkragters is sedertdien aangekeer.

Die student, van ’n plattelandse gebied, het dié nagmerrie-aand saam met ’n mansvriend die fliek Life of Pi in ’n winkelsentrum gaan kyk.

Daarna het hulle ’n saamrygeleentheid huis toe gesoek.

’n Skoolbus met donker vensters het stilgehou.

In die bus was ses dronk mans wat die bus vir ’n pret­rit gesteel het. Hulle het die student en haar vriend opgelaai.

Die ses het die vrou om die beurt verkrag.

Sy is ook seksueel aangerand met ’n geroeste staalpyp wat haar organe ernstig beseer het.

Hulle het 45 minute lank in Nieu-Delhi rondgery en is deur talle polisieversperrings, maar is nie afgetrek nie.

Sy en haar mansvriend is daarna kaal uit die bus gegooi.

Indië se leiers het die aanval op 16 Desember erg veroordeel.

Die land se premier, Manmohan Singh, het gesê groepverkragtings is algemeen in Indië. – Sapa-AFP, Daily Mail, Reuters

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-17°C Sunny. Mild. Bfn: 0-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-24°C Partly cloudy. Mild. PE: 14-18°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!