Saluta continua vir Dirty Harry

2012-09-01 23:02

Die Facebook-blad “Support Prince Harry with a Naked Salute!” is die afgelope week gestig na aanleiding van die naakfoto’s van prins Harry wat in die Britse koerant The Sun en die internet verskyn het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy kaalbaskaperjolle in Las Vegas het prins Harry wel in ’n groot verleentheid gestel, maar derduisende Britte tree nou so kaal moontlik aan om hul “stoute” prins met ’n saluut te ondersteun.

Die Facebook-blad van sy steungroep – “Support Prince Harry with a Naked Salute!” – word behoorlik oorstroom met foto’s van lede wat in skrapse kleertjies of byna naak vir hul saluut aan Harry poseer.

Selfs weermaglede, met hul vroue en kinders, betoon hier aan hul prins hul naakte steun.

Dit was juis twee weermaglede, Lee Kirton en Jordan Wylie, wat dié Facebook-blad begin het nadat foto’s van die prins se kaal manewales twee weke gelede in die Britse poniekoerant The Sun verskyn het.

Wylie het gesê hy is verstom oor hoeveel aandag die Facebook-blad lok.

Binne vyf dae het die Facebook-blad meer as 26 000 ondersteuners getrek, met nog 25 000 wat wag om aanvaar te word.

Kaalbasfoto’s van die prins is twee weke gelede in ’n private hotelsuite in Las Vegas geneem.

Harry het hier saam met 25 vriende en ’n paar jong vroue partytjie gehou en later ontklee-biljart gespeel waar Harry glo heel eerste sy klere verloor het.

Dis onduidelik of Harry en sy meisie, Cressida Bonas, nog saam is. Volgens sommige berigte was die vernedering van die foto’s te erg vir haar, maar volgens ander bronne besluit sy nog oor die toekoms.

Bronne: Associated Press, The Telegraph, The Daily Mail, Mirror News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.