Skadumense in Malawi kry stem

2010-12-04 23:06

“Shy Amanda”, een van die Malawiërs wie se storie in Queer Malawi opgeteken is. Foto: Zanele Muholi

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe twee Malawiese mans vroeër vanjaar in ’n prominente hofsaak tot 14 jaar tronkstraf vir die misdaad van homoseksualiteit gevonnis is, het verskeie koerante in dié land opgemerk dat die twee mans se gedrag baie bisar was, want daar is eintlik geen gays in Malawi nie.

En rondom dieselfde tyd het pres. Bingu wa Mutharika van Malawi ’n aankondiging gemaak dat homoseksuele dade ’n kultuurvreemde invoer na dié land is, aangesien niemand in Malawi hulle tradisioneel met sulke dinge opgehou het nie.

Maar die afgelope week het ’n klein boekie verskyn waarmee ’n groep Suid-Afrikaanse navorsers en Malawiese aktiviste dié wanopvatting wil omkeer.

Queer Malawi is die eerste boek oor lesbiese, gay, biseksuele en transgeslagtelike (LGBT) mense in dié Afrika-staat waar streng diskriminerende wette dié mense in die skadu hou en waar persone wat hulle bloot vir groter gelykheid uitspreek, in die verlede al tronkstraf opgelê is.

Daarin is die storie van 14 mense opgeteken wat met hul eie lewensverhaal aandui dat seksuele minderhede wel in Malawi bestaan, al is dit altyd in die geheim.

Die boek is saamgestel deur twee Suid-Afrikaners wat byna soos spioene in Malawi moes rondsluip, deurgaans versigtig dat niemand uitvind waarmee hulle besig is nie.

Dr. Patricia Watson, ’n kenner van mondelingse geskiedenis, het met ’n groep LGBT-Malawiërs ’n werksessie langs die Malawi-meer gehou waartydens hulle hul stories vertel het. Sy het dit toe in hul eie woorde opgeteken.

Die Suid-Afrikaanse fotograaf Zanele Muholi het foto’s van dié groep geneem (waarin hul gesigte nie in die raam is nie of verbloem is om hul identiteit te beskerm).

Die uiteinde is ’n boek waaroor een spreker Woensdag by die bekendstelling in Johannesburg gesê het: “Dié boek is ’n stem vir mense wat nie mag praat nie.”

Die stories is uiteenlopend en getuig almal van mense wat ’n skadubestaan moet voer.

Ene Monnahrisa vertel byvoorbeeld dat sy van kleins af spontaan vir mense vertel het as sy ’n mooi vrou gesien het, maar dat mense haar vroeg gewaarsku het sy stel haar in gevaar met sulke praatjies.

Ene Mayombo vertel hy het met ’n vrou getrou en twee kinders verwek net om die tronk te ontduik. Ene Zakawi vertel hoe hy al met klippe en riete aangerand is.

Die boek gaan in Malawi versprei word in die hoop om groter begrip te kweek.

Mnr. Gift Trapence, van die Malawiese burgerregtegroep Centre for the Development of People (wat die projek saam met die Suid-Afrikaanse organisasie Gay and Lesbian Memory in Action gereël het), vertel hulle besef die boek kan gevaarlike gevolge hê as iemand in Malawi die identiteit van die mense uitvind wie se storie daarin vertel word. En tog het al dié mense volgehou dat hulle hul stories vertel wil hê.

“Toe Tiwonga Chimbalanga en Steven Monjeza vroeër vanjaar in die tronk was, het die regering gesê hulle is die enigste twee gays in Malawi. Nou het ons ’n bewys dat dit nie die geval is nie.

“Ons het nie een Westerling se storie in dié boek opgeneem nie. Dis alles die stories van Malawiërs.”

’n Uittreksel uit “Kim’s story”, een van die lewensverhale wat in Queer Malawi opgeneem is.

“My ouers sit nog nie druk op my om te trou nie, want ek is jonk en hulle wil hê ek moet klaar studeer. Ek studeer verpleegkunde, want daar is baie min verpleegsters in Malawi, maar as ek nie ’n verpleegster word nie, sal ek graag in joernalistiek wil ingaan.

“Ek het my ma al vertel ek sal nooit trou nie. Sy het natuurlik gevra hoekom en ek het gesê: ‘Persoonlike redes.’ Toe was sy stil, sy het niks meer gevra nie. Jy sien, ek is ’n lesbiër. Ek dink ek is so gebore, want my eerste soen was met ’n meisie. Ek voel gelukkig met myself, want God het my so gemaak.

“In Malawi sê hulle om ’n lesbiër te wees is onnatuurlik, dat jy ’n satanis is, want hulle verstaan nie. Ek wonder soms hoekom ek in Malawi gebore is, want dié land laat nie lesbiese en gay mense toe om uit te druk wie hulle is nie. As die mense buite Malawi ons net wou hoor …

“Ek het my meisie op skool ontmoet. Ons hou albei van musiek en het vir ’n wedstryd geoefen. Toe weet ek nie wat gebeur het nie … ons het net besef ons is albei verlief. Ons liefde is onkeerbaar, al is ons nou geskei omdat haar ouers elders werk.

“Ons kommunikeer elke dag. Ons sê: ‘Hallo vriend, kom ons werk hard, kom ons wees saam, kom ons wees eerlik met mekaar, kom ons vermy dinge wat ons verhouding pla, soos om te verneuk of mekaar nie te vertrou nie.’ Ons wil lank saam wees. Dit is hoekom ons seker maak ons vertrou mekaar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.