Skote eis 27: 'Maar hoeveel keer nog?'

2012-12-16 00:57

Geskokte gesinslede naby die Sandy Hook-laerskool

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Weer en weer storm jong mans, dikwels met ’n geskiedenis van gemoedsversteurings, gewapen by skole en universiteite in en maai niksvermoedende leerlinge soos diere af. 


Nadat dit eergister vir die soveelste keer in Amerika gebeur het, dié keer in die dorpie Newtown in New York se buurstaat Connecticut, en nadat ’n geskokte nasie gehoor het 20 van die slagoffers was tussen vyf en tien jaar oud, begin dit lyk of die debat oor wapenbesit in Amerika ’n nuwe rigting kan inslaan. 

Pres. Barack Obama het trane weggevee toe hy op ’n mediakonferensie gesê het: “Ons het al te veel van dié tragedies beleef. Ons is al te dikwels hierdeur. Ons sal betekenisvolle stappe moet doen om sulke tragedies te voorkom, ongeag die politiek.” 

Adam Lanza (20) het Vrydag omstreeks 09:00 die klokkie gelui by die Sandy Hook-laerskool in Newtown nadat hy sy ma, Nancy, ’n onderwyseres by die skool, tuis doodgeskiet het. 

Die skoolhoof, Dawn Hochsprung, het hom herken en ingelaat, berig The New York ­Times. 

Nadat hy die skoolhoof doodgeskiet het, het hy in twee klaskamers 20 kinders en vyf volwassenes doodgeskiet en toe homself. 

Onderwysers van dié skool met 700 leerlinge het klaskamerdeure gesluit en histeriese kinders in kaste laat wegkruip. 

Lanza se broer, Ryan (24), is aanvanklik verkeerdelik as die skieter uitgewys. 

Ryan is deur die polisie ondervra en het gesê sy broer het ’n persoonlikheidsversteuring gehad. 

Onmiddellik ná die skietery het aktiviste gevra waarom so min oor wapenbeheer gedoen is sedert 2007 toe Cho Seung-hui 32 mense by Virginia Tech in Blacksburg, Virginië, doodgeskiet het voordat hy selfmoord gepleeg het. 

Pogings deur die deelstate Washington DC en Chicago om handwapens te verbied, is boonop intussen deur die hooggeregshof gekelder. 

Betogers het voor die Withuis saamgedrom en op die internet is ’n versoekskrif begin wat vra dat Obama se regering wapenbeheer verskerp en ’n nasionale debat begin. 

Drukgroepe soos die National Rifle Association (NRA), wat teen streng wapenbeheer veg, het deurgeloop onder kritiek. 

“Hierdie is ’n kollektiewe versoek om die maniere waarop vuurwapens bekom kan word, te reguleer,” lui die versoekskrif. 

Bronne: www.nytimes.com; www.washingtonpost.com; www.dailymail.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.