Skrapse Candice te warm

2012-09-09 01:16

’n Advertensie vir skoene het nog nooit só sexy gelyk nie. Die veldtog vir die skoenontwerper Brian Atwood, waarin die Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel verskyn, is in New York verbied. | Foto: Brian Atwood

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Candice Swanepoel is welbekend vir haar bates soos haar bos goue hare, seeblou oë en daardie la-a-ang bruin bene.

Maar in die jongste advertensie waarin dié Suid-Afrikaanse supermodel verskyn, sien mens net haar enkels.

Dít nadat die oorspronklike witwarm-advertensie as te gewaagd beskou is.

In daardie weergawe het sy meer skoene aan as klere en verskyn met ’n paar gespierde mans – wat nie eens skoene aan het nie.

Die advertensie vir die skoenontwerper Brian Atwood sou voor Atwood se nuwe winkel in New York verskyn. Maar dis verbied en vervang met ’n foto waarin net Swanepoel se enkels te siene is bo die skoene wat sy dra.

Nog ’n Swanepoel-advertensie wat in New York se taxi’s vir passasiers vertoon sou word, is verbied, ook weens die tekort aan kleredrag (skoene uitgesluit).

Dié advertensie is wel in die September-uitgawes van glanstydskrifte soos Vogue en W te sien. En natuurlik op die internet, waar dit klaar deur duisende mense, wat nooit voorheen in skoenadvertensies belang gestel het nie, gesien is.

Atwood sê hy begryp nie waaroor die bohaai gaan nie, want die advertensie is bloot “’n pragtige meisie in pragtige skoene”.

“As mense dink dít is pornografies het hulle duidelik nie onlangs pornografie gekyk nie,” het hy aan The New York Post gesê.

Swanepoel het aan Sky News gesê hoewel sy heeltemal gemaklik is met hoe sy in die advertensieveldtog uitgebeeld word, kan sy verstaan waarom dit verbied is. “Nie almal is gemaklik met hul eie seksualiteit nie, maar vir my is dit nie ’n probleem nie.”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.