Sportlui gaan vir goud in die kooi

2012-07-21 20:59

Leryn Franco (30) van Paraguay is net so bekend om haar modelwerk as haar vermoë op die atletiekveld met ’n spies in die hand. Sy het in 2008 gedurende die Olimpiese Spele in Beijing ’n internetsensasie geword en in 2010 is sy deur die Bleacher Repor

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Een groot partytjie, met net soveel sport(s) tussen die lakens as wat daar sport is.

Dís glo hoe dit agter die skerms gaan by die wêreld se grootste sportgebeurtenis volgens ’n nuwe boek, The Secret Olympian: The Inside Story of the Olympic Experience.

Een van die sappige aansprake in die boek is dat 70 000 kondome binne ’n week deur die sportlui opgeraap is tydens die Olimpiese Spele in Sydney 12 jaar gelede.

Die boek het ’n anonieme skrywer en volgens gerugte is hy ’n voormalige Britse atleet.

Sy onthullings strek van die 1960-Spele in Rome tot by die Spele in Londen wat binnekort begin en waaraan verteenwoordigers van 205 lande sal deelneem.

Die skrywer vertel hoe poetse gebak word by die voor-Olimpiese kamp, politici se besoeke met wulpse metgeselle aan die arms en die partytjies in die Olimpiese dorpies met ’n oormaat drank, kos en seks.

Hy vertel ook hoe deelnemers na afloop van die Spele weer by die “gewone lewe” moet aanpas.

Dit is geen geheim nie dat die alkohol vryelik vloei. In Londen het net die Amerikaanse span twee biersale wat deur onderskeidelik Budweiser en Heineken geborg word.

En waar daar alkohol en jong, fikse, aantreklike mans en vroue is, is daar ook seks.

100 000 kondome is vir deelnemers by vanjaar se Spele begroot.

Meer as een deelnemer het ook al gesê die swemmers is “die opwindendste partytjiediere”.

By die vroue is dit blykbaar die kortafstand-atlete wat vinnig uit die blokke is om telefoonnommers en kamersleutels bymekaar te maak.

Dr. Ross Tucker, ’n sportwetenskaplike aan die Universiteit van Kaapstad, sê hy byt langtand aan die storie van die 70?000 kondome in Sydney.

“’n Atleet wat by die 2000-Spele was, het onlangs in ’n onderhoud erken die deelnemers wou die draak steek met die organiseerders. Hulle het by elke geleentheid waar hulle kon kondome bymekaar gemaak en só die organiseerders laat wonder wat regtig aangaan as die ligte afgaan.”

Tucker sê dit maak heeltemal sin dat die deelnemers sal ontlaai wanneer hulle klaar deelgeneem het.

“Sportlui van daardie kaliber offer geweldig baie op om aan die Olimpiese Spele deel te neem. Dit verg jare se intensiewe oefening. As hulle klaar deelgeneem het, wend hulle daardie selfde intensiteit elders aan.

“So, as hulle partytjie hou, sal hulle hard partytjie hou. Vat op daardie oomblik die sport weg en hulle fokus op iets anders, dikwels drank en seks.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.