Stertjie van agter en vlerke raam dit

2012-07-15 00:01

’n Goue engel. Candice Swanepoel op die Victoria's Secret-loopplank tydens ’n modevertoning in November verlede jaar in New York.| Foto: REUTERS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrika se supermodel Candice Swanepoel het die afgelope week gewys sy is as’t ware goed “agterbaks”.

Swanepoel (23) is onlangs aangewys as een van die top-tien- begeerlikste vroue ter wêreld. Sy is boonop in die boonste tien op die tydskrif Forbes se lys van die bes betaalde modelle ter wêreld.

En nou het Swanepoel (23), een van die voorste Angels van die modehuis Victoria’s Secret, gewys sy is beslis nie altyd ’n engeltjie nie.

Sy het ’n sexy foto van haar boude, skraps bedek met ’n eina-broekie, getwiet aan haar amper 180 000 volgelinge op Twitter.

En haar derrière word omraam deur haar gekartelde hare en die kenmerkende “engelvlerke” van die modehuis.

Swanepoel het verlede maand veel meer van haar soepel lys gewys toe sy op smaakvolle naakfoto’s in die tydskrif Muse verskyn het.

Op dié treffende swart-en-wit foto’s staan sy teen ’n grou muur en hou toe wat bedek moet word.

Sy het in minder as agt jaar die toppunt van die modelleer bereik nadat sy op 15 deur ’n model-agent op ’n vlooimark in Durban raakgesien is.

’n Jaar later het sy reeds verskeie kere in Europa modelwerk gedoen.

Sy het twee jaar lank tussen Parys, Milaan, Londen en Suid-Afrika gereis vir modelwerk en toe na New York verhuis.

Haar loopbaan het met mening koers gekry toe sy in 2010 gekontrakteer is deur Victoria’s Secret, straks die gesogste modelkontrak ter wêreld.

Volgens Forbes se lys van bes betaalde modelle het sy van Mei 2011 tot Mei 2012 $3,1 miljoen (sowat R25 miljoen) verdien. Gisele Bündchen was die sewende agtereenvolgende jaar bo-aan dié lys – met ’n astronomiese $45 miljoen (sowat R371,5 miljoen).

* Swanepoel is tiende op die lys van die mees begeerlike vroue ter wêreld in ’n opname wat deur www.askmen.com gedoen is.

Sofia Vergara, ster van die komediereeks Modern Family, is in die eerste plek, Scarlett Johansson sewende, Kim Kardashian agste en Rihanna nét bo Swanepoel.
Bron: Daily Mail



Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Intelligence BI

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

CRM Developer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

C# Developer

Durban
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.