Switsers wil ruimte met ‘stofsuier’ skoonmaak

2012-02-18 20:27

’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe CleanSpaceOne, die Switsers se beoogde ruimteskoonmaker, gaan lyk. Op die illustrasie sit die CleanSpaceOne een van die stukke ruimterommel agterna wat dit gaan vang om in die aarde se atmosfeer uit te brand. Foto:

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Switserse maatskappy wil binne vyf jaar die eerste ruimte-“stofsuier” opstuur om die hemelruim bokant ons koppe op te ruim.

Die ruimtetuig, CleanSpaceOne, gaan ou satelliete en ander stukke ruimterommel wat mense in wentelbane om die aarde agtergelaat het, gryp, inkatrol en dan in die boonste atmosfeer laat uitbrand, berig die tydskrif Science.

Die Amerikaanse ruimte-agentskap Nasa skat daar is ’n paar miljoen stukke ruimterommel wat om die aarde rondtol. Net omtrent ’n halfmiljoen stukke is groot genoeg om deur Nasa gemonitor te word. Dit sluit in sowel ou satelliete wat in onbruik verval het as kleiner stukkies gereedskap wat deur mense daar agtergelaat is.

Hoewel van dié ruimterommel baie klein is, trek dit meestal teen ’n spoed van meer as 28?000?km/h – genoeg om erge skade aan te rig aan enige satelliet of ruimtetuig wat daardeur getref word.

In 2009 het ’n aktiewe kommunikasiesatelliet en ’n ou Russiese satelliet teen ’n spoed van sowat 42?000?km/h teen mekaar gebots.

CleanSpaceOne, wat deur die Switserse maatskappy Polytechnique Fédérale de Lausanne vervaardig word, sal na verwagting sowat R85 miljoen kos.

“Die Switsers is ’n nasie wat daarvan hou om dinge netjies te hou,” sê mnr. Volker Gass, direkteur van die Switserse Ruimtesentrum.

Kommer oor die toenemende hoeveelheid ruimterommel neem al geruime tyd toe, sodanig dat me. Hillary Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, dit verlede maand as ’n bedreiging vir ruimteverkenning bestempel het.

Een persoon in Suid-Afrika wat heelwat van ruimterommel hoor, is mnr. Henk Swanepoel, ’n amateur-sterrekundige wat in Smithfield in die suide van die Vrystaat ’n klein ruimtestasie bedryf.

Swanepoel het twee groot satellietskottels, waarmee hy tekens van intelligente lewe in die ruimte soek.

As deel van sy navorsing ontvang hy daagliks data van die Noord-Amerikaanse lugruim-verdedigingsagentskap Norad, wat die meeste mensgemaakte voorwerpe, insluitende ruimterommel, bokant die aarde dophou. (Sodoende kan Swanepoel enige seine wat hy vanuit die ruimte kry met Norad se inligting vergelyk om seker te maak dit is nie mensgemaak nie.)

“Daar is ’n groot klomp rommel daarbo. China het byvoorbeeld in 2007 een van hul eie satelliete met ’n missiel opgeblaas net om te sien wat gebeur. Al daai rommel vlieg nou daarbo rond.

“Baie daarvan is te klein vir my om op te tel – ’n spanner of ’n ou handskoen.

“Die klein stukkies rommel vlieg teen duisende kilometer per uur. ’n Dingetjie die grootte van ’n albaster kan ernstige skade aan ’n ruimtetuig aanrig.”

CleanSpaceOne sal voorlopig slegs groot stukke ruimterommel, soos ou satelliete, opruim.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.