Sy nuwe gesig gee Yank ’n nuwe lewe

2012-12-09 00:11

Ná 15 jaar van kluisenaarskap het ’n 36 uur lange operasie ’n Amerikaanse man weer die geleentheid gegee om die wêreld in die oë te kyk – met ’n nuwe gesig.

Richard Lee Norris (nou 37) van Hillside, Virginië, se gesig is 15 jaar gelede in ’n skietvoorval erg geskend, berig The Washington Post.

Hy kon nie eens sy mond gebruik nie.

Norris het die laaste paar jaar verskeie operasies ondergaan.

Sy lippe, neus en die punt van sy tong is heeltemal beskadig. Die skietongeluk het wel nie sy sig belemmer nie.

Voorheen het hy met ’n bofbalpet of ’n chirurgiese masker in die strate geloop wanneer hy sy huis móés verlaat.

Hy is nooit getroud nie.

’n Gesigoorplanting was een van die min opsies wat hy oorgehad het.

Die operasie is sewe maande gelede by die Universiteit van Maryland se mediese sentrum in Baltimore gedoen.

Die dokters is baie tevrede met Norris se vordering.

“Ons as dokters doen die operasie, maar die res hang absoluut af van jou as pasiënt,” het Eduardo Rodriguez, ’n tandarts en chirurg by die sentrum, gesê.

Volgens hom is Norris vasbeslote om ’n beter lewe te hê.

Enkele dae ná die operasie is Norris van sy ventilator afgehaal en binne die eerste week kon hy skeer en sy tande borsel.

Norris wou nie self met die media praat nie, maar het in ’n verklaring geskryf toe hy die eerste keer in die spieël sy ­nuwe gesig sien, wou hy Rodriguez net omhels.

Deesdae ontvang Norris spraakterapie en gaan een tot twee keer ’n maand terug na Baltimore vir opvolgbesoeke.

Norris sal vir die res van sy lewe medikasie moet gebruik.

Nou is hy nie meer skaam om in die straat te loop nie. Hy begin selfs sosialiseer.

“Ek kan nou begin werk aan ’n lewe wat aan my teruggegee is.” – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.