Taliban-slagoffer uit hospitaal

2013-01-05 10:50

 Reuters

Londen. – ’n Pakistanse meisie is uit ’n Britse hospitaal ontslaan nadat sy deur die Taliban in die kop geskiet is.

Malala Joesoefzai (15), wat in Oktober geskiet is omdat sy onderrig vir meisies voorstaan, gaan volgends dokters weer teen die einde van Januarie of vroeg in Februarie opgeneem word vir die rekonstruksie van haar skedel.

Die voorval, waartydens Malala van naby af in die kop geskiet is toe sy haar skool in die Paki­stanse Swat-vallei verlaat het, het tot wydverspreide internasionale veroordeling gelei.

Sy is ’n internasionaal erkende simbool van weerstand teen die Taliban se pogings om vroue onderwys en ander regte se ontsê.

Meer as 250 000 mense het boonop al ’n versoekskrif geteken om haar weens haar aktivisme vir die Nobelprys vir vrede te benoem.

Medici in die Koningin Elizabeth-hospitaal in Birmingham, waar sy behandel is, het gesê al het die koeël haar bo die linkeroog getref, het dit haar skedel nie binnegedring nie.

Dit het onder die vel langs die kant van haar kop tot in die nek beweeg.

Sy is behandel deur dokters wat onder meer in neurochirurgie en trauma spesialiseer in ’n departement van die hospitaal waar talle soldate wat in oorloë in Afganistan en Irak gewond is, behandel is.

“Malala is sterk en het hard met die mense wat na haar omsien saamgewerk en uitstekend gevorder,” het dr. Dave Rosse, die hospitaal se mediese direkteur, gesê.

“Ná gesprekke met haar en haar mediese span het ons besluit dit sal haar bevoordeel as sy tuis is.”

Malala het die hospitaal onlangs gereeld verlaat as deel van haar “tuisverlof” om tyd saam met haar ouers en jonger broers, wat ’n tydelike huis in Sentraal-Engeland het, deur te bring.

Haar se pa het in Oktober gesê hy was seker sy sou herstel ná die mediese behandeling.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C a few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.