Tom Cruise se 'huis van gruwels'

2012-07-13 10:39

Los Angeles. – Die National ­Enquirer noem dit “Tom se huis van gruwels” en Tom Cruise se regsverteenwoordiger noem dit “bose, skadelike leuens”.

Bert Fields, die akteur se prokureur, dreig om die tydskrif se moedermaatskappy te dagvaar oor ’n voorbladstorie wat “deurspek is van leuens”.

Die artikel maak inligting bekend oor Cruise se onlangse egskeiding van sy vrou van die afgelope vyf jaar, die aktrise Katie Holmes, en stel die akteur en Sciëntologie-aanhanger in ’n slegte lig.

Fields kritiseer American Media Inc. in ’n brief oor ­“valse ­en gemene leuens” wat Cruise (50) skade van “honderde miljoene dollar” sal berokken.

Die tydskrif beweer onder meer dat die egpaar se dogter Suri (6) in ’n “piepklein kamer sonder vensters” gehou is totdat sy vyf maande oud was en dat Holmes (33) “feitlik ’n gevangene” in Cruise se huis was.

Sy was glo blootgestel aan “aanhoudende verbale en emosionele mishandeling, vernedering en intimidasie”.

Die tydskrif beweer ook Cruise het Holmes se kontak met haar eie familie beperk, haar voor haar familie verneder en laat huil en dat sy familie toegelaat is om haar te verneder.

Cruise het glo ook op Holmes geskree wanneer sy nie goed gedoen het wat hy haar beveel het nie.

Fields eis dat die stellings teruggetrek word indien die maatskappy ’n dagvaarding wil vermy.

Skinderwebwerwe berig Holmes het ’n weggooibare selfoon gebruik om die egskeiding teen Cruise aan die gang te sit. Dit was om seker te maak hy kom van niks te hore nie.

Sy het eerste Martin Holmes, haar pa wat ook ’n prokureur is, gebel en hy het haar aangeraai om die huwelik te beëindig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.