Twee gru-sterftes in lug

2012-09-17 06:05

Keith Sapsford (14)?val in 1970 uit sy skuilplek onder ’n vliegtuig.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Skaars ’n maand nadat die bevrore lyk van ’n verstekeling op ’n British Airways-vlug van Kaapstad na Londen op die ­Heathrow-lughawe in die een landingswiel van die vliegtuig gevind is, het ’n lyk naby die wêreld se besigste lughawe uit die lug in ’n straat geval toe ’n vliegtuig sy wiele laat sak het met die landing.

Volgens inwoners van die Mortlake-woonbuurt, sowat 15 km van die lughawe, het hulle net ’n harde slag gehoor. Enkeles het gesien hoe stukkies liggaamsdele in alle rigtings spat.

Die Britse polisie vermoed die slagoffer is ’n Angolees omdat hy Angolese geldnote by hom gehad het.

Hy was vermoedelik reeds dood, óf van die uiterste koue weens die hoogte óf hy is deur die wielmeganisme doodgedruk.

Die ander lyk, wat op 23 Augustus in die wielruimte van die British Airways Boeing 747 op die Heathrow-lughawe ontdek is, is steeds in die Hillington-lykshuis en volgens die Londense metropolisie nog nie uitgeken nie.
Nelson Kgwete, ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sê die voorval word nog ondersoek.

Deidre Davids, ’n woordvoerder van die Kaapstadse Lughawe, sê die lughawe se veiligheidswagte het die man betrap, maar hy het hulle in die donker nag ontwyk.

Bykomende veiligheidsmaat­reëls is dadelik ná die voorval ingestel. Een van dié maatreëls is dat ’n voertuig nou ná skemer elke internasionale vlug tot op die aanloopbaan begelei om seker te maak dat niemand ongesiens in die vliegtuig se onderstel kan inklouter nie.

Veiligheidsmaatreëls by die landingsgebied is ook verbeter.

Dr. Johan Abrahams sê die ruimtes waarin vliegtuigwiele meganies ingetrek word, is “doodsruimtes”.

Omdat die vliegtuig so hoog vlieg (gemiddeld 11 000 m) is daar ’n vinnige daling in lugdruk. Daar ontstaan dan ’n suurstofgebrek wat die stikstofborrels in die bloedstroom vermeerder en veroorsaak dat die verstekeling sy bewussyn verloor.

Buite die vliegtuig en in die wielruimte self daal die temperatuur tot sowat -50°C en kan die verstekeling gou verkluim.

Wanneer die vliegtuig sy bestemming nader, word die bemanning en passasiers se lewe ook in gevaar gestel omdat die bevrore lyk die landingsmeganismes kan belemmer.

Die vlieënier moet dan aanhou probeer om die wiele los te kry of ’n noodlanding oorweeg.

Dit gebeur heel gereeld

* Januarie 2011: Terwyl ’n vliegtuig van die Allama Iqbal-lughawe in Lahore, Indië, opstyg, sukkel die vlieënier om die wiele in die wielruimte terug te trek, tot die lyk van Qasim Siddique van die wiele val.
* Februarie 2010: Die lyk van ’n verstekeling val van ’n vliegtuigwiel toe dit opstyg by Santa Domingo in die Dominikaanse Republiek.
* Februarie 2010: Die lyk van ’n verstekeling word in die landingsmeganisme ontdek toe ’n vlug uit New York in Tokio, Japan, land.
* Augustus 2009: ’n 19-jarige se lyk word op die landingswiel ontdek nadat ’n Airbus A320 van Irkoesk in Wladiwostok, Rusland, geland het.
* Julie 2009: Die lyk van ’n man word in die onderstel van ’n vliegtuig ontdek wat van Ghana na Brittanje vlieg.
* Januarie 2007: ’n 17-jarige Kapenaar se lyk word ontdek in die wielruimte van ’n British Airways-vliegtuig toe dit in Los Angeles, Kalifornië, land.
* Junie 2005: ’n Lyk word in die wielruimte van ’n Suid-Afrikaanse vliegtuig gevind wat van Johannesburg via Dakar (Senegal) op die John F. Kennedy-lughawe in die VSA land.

Enkeles oorleef...


* Junie 2010: Andrei Culea (20) van Roemenië wou van armoede ontsnap. Hy oorleef die reis in die onderstel van ’n Boeing 747 van die lughawe in Wene, Oostenryk, na Brittanje.
* Oktober 1997:Pardeep Saini (22) oorleef ’n vlug van tien uur van Delhi (Indië) na die Heathrow-lughawe in Londen.
Sy broer Vijay (19) verkluim en sy lyk val naby die lughawe in Manorstraat, Richmond.
Bron: Wikipedia

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Tertia Rossouw Möller sê... mmm....nou is hy ook sonder berou, hel toe. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.