Twilight-ster verneuk haar kêrel
2012-07-26 12:19
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Die aktrise Kristen Stewart het 'n persverklaring uitgereik waarin sy uit die diepte van haar hart verskoning vra nadat dit aan die lig gekom het sy het haar kêrel en medester, Robert Pattinson, verneuk.
Die Amerikaanse skinderblad Us Weekly het Dinsdag foto's gepubliseer van Stewart wat met 'n getroude man, die regisseur Rupert Sanders, kafoefel.
Nou het Stewart 'n verklaring aan die tydskrif People gestuur waarin sy skryf, "Ek is opreg jammer oor die pyn en verleentheid wat ek veroorsaak het vir almal wat naby my is. Die fout het die belangrikste ding in my lewe in gevaar gestel, die persoon vir wie ek die meeste liefde en respek voel: Rob. Ek het hom lief, ek het hom lief, ek is so jammer."
Stewart (22) en Pattinson gaan al geruime tyd uit en word as een van Hollywood se gewildste paartjies beskou.