Uitspraak eers in nuwe jaar

2011-12-18 05:29

Den Haag. – Mnr. Shrien Dewani (31), die Brit wat daarvan aangekla word dat hy sy bruid, Anni (28), in Gugulethu buite Kaapstad laat vermoor het, sal in die nuwe jaar hoor of hy aan Suid-Afrika uitgelewer word.

Dewani se uitlewering is reeds weke gelede deur sowel me. Theresa May, die Britse minister van binnelandse sake, as ’n regter goedgekeur, maar hy het daarteen geappelleer. Gister sou die saak voortgegaan het, maar die partye het met die twee regters ooreengekom dat geen verdere getuienis nodig is nie.

Regters sir John Thomas en sir Duncan Ouseley het uitspraak voorbehou en sal op ’n datum wat nog bepaal moet word hul beslissing bekend maak.

In die hof het me. Claire Montgomery QC, sy advokaat, betoog dat Dewani “geestessiek” is en daarom nie ’n regverdige verhoor kan kry nie. Hy loop ook ’n groot risiko om deur medegevangenes aangerand of selfs verkrag te word, het sy gesê.

Daarteenoor het adv. Hugo Keith QC, vir die Suid-Afrikaanse regering, aangevoer dat die plek waar Dewani aangehou sal word, die gevangeniseenheid in die Valkenberg-kliniek, die beste in die hele Suid-Afrika is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.