Verkragte student se laaste woorde

2013-01-08 12:35

 Nieu-Delhi. – Sy het ’n voedingspyp in haar keel gehad en kon nie praat nie. Sy kon net beduie en skryf om te kommunikeer.

Sy het op ’n stuk papier geskryf sy wil die aanval oorleef en by haar gesin wees.

“Maar die noodlot het die laaste sê gehad,” het Badri Singh Pandey (53), pa van Jyoti Singh Pandey (23), die student wat gesterf het nadat sy wreed deur ses mans verkrag is, gesê.

Hy het besluit om haar naam aan die wêreld bekend te maak “om ander vroue wat sulke aanvalle oorleef het moed te gee”.

Tot dusver is sy “Indië se dogter” genoem.

Hy onthou sy laaste oomblikke saam met haar enkele minute voordat ’n groot hartaanval haar lewe geëis het.

“Daardie gesprek sal vir altyd op my hart gegraveer wees. Sy was ’n dapper meisie en sy sal baie teleurgesteld wees as ons nie aangaan met ons lewe nie,” het hy gesê.

Sy vrou, Asha (46), wou nog nie met die media praat nie.

Badri het gesê sy geboortedorpie, Billia, in die noordelike staat Uttar Pradesh, het geen mediese geriewe nie. “My dogter wou ’n dokter word en mense help, so die beste sou wees om ’n hospitaal in haar naam te bou. Ek sal baie trots daarop wees,” het hy gesê.

Vyf van die ses beskuldigdes het gister die eerste keer in die hof verskyn.

Hul name is Ram Singh, Mukesh Singh, Vijay Sharma, Ak­shay Thakur en Pawan Gupta.

Hulle staan tereg op aanklagte van ontvoering, diefstal en sameswering. Dit kan hulle die doodstraf op die hals haal as hulle skuldig bevind word.

’n 17-jarige seun sal afsonderlik in ’n jeughof verskyn.

Jyoti en haar vriend, Awindra Pandey (28), het op 16 Desember verlede jaar ’n bus gehaal huis toe nadat hulle ’n fliek gesien het.

Hulle het die private bus vir ’n passasiersbus aangesien.

In die bus was die ses mans wat Jyoti met ’n geroeste staalpyp verkrag en Pandey aangerand het.

Jyoti se inwendige organe is ernstig beskadig en gangreen het selfs ingetree. Sy is 13 dae later in ’n hospitaal in Singapoer aan haar beserings dood.

Die hofverrigtinge in Saket, in die suide van die stad, is gister vertraag deur prokureurs wat luidkeels uitgevaar het teen die advokate wat die beskuldigdes verteenwoordig.

Die polisie is ingeroep om orde in die stampvol hofsaal te herstel.

Magistraat Namrita Aggarwal het die verrigtinge stopgesit ná ’n skreeuery en opstokery in die hof.

Aggarwal het toe die hof se deure vir die publiek en die media gesluit.

“Die sensitiwiteit van hierdie saak moet in ag geneem word en dus sal die saak in camera aangehoor word,” het Aggarwal gesê. – Sapa-AFP, Reuters, Daily Mirror

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Mauser Boot sê... 30 000 mense het ook net "verdwyn" in Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe.. Tog het geen diktator hiervoor ooit een dag in die tronk deurgebring nie. Daar is tot vandag toe nie eens jammer gese nie. Alles is nie altyd soos dit voorkom nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.