Verlaat Sirië, hoor SA gesante

2012-07-21 20:59

Mense kom Vrydag per bus in Bagdad aan. Irak het sy burgers in Sirië gevra om terug te kom huis toe weens die toenemende geweld daar. | Foto: Reuters/Mohammed Ameen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrika het sy diplomatieke personeel in Sirië “aangemoedig” om na buurstate te skuif uit toenemende kommer oor hul veiligheid.

So het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, gister aan Rapport gesê.

Dus word die ambassade nog nie gesluit nie.

Hy wou nie uitwei oor waarom personeel “aangemoedig” word om te skuif pleks van amptelik die land te verlaat nie.

Rapport het vasgestel Shaun Byneveldt, die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Sirië, is terug in die land. Hy het alle navrae na die regering verwys.

Intussen het Irak sy burgers in Sirië aangesê om huis toe te kom nadat die opposisiemagte teen die regering van pres. Basjar al-Assad ook teen Irakse burgers begin draai het.

Die BBC het gister berig talle Irakkese is om sektariese redes uit hul buurte geskop. Pamflette is blykbaar versprei waarin hulle aangesê word om hulle binne drie dae uit die voete te maak.

Suid-Afrika was die afgelope week opnuut onder skoot nadat hy in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) geweier het om saam met die meerderheid van die lande téén die Siriese regering te stem.

Maar Ebrahim Ebrahim, adjunk­minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Vrydag in Pretoria aan verslaggewers erken dit het “duidelik geword albei kante in Sirië is swaar gewapen”.

Hy het Suid-Afrika se besluit om buite stemming te bly verduidelik deur te sê albei kante in die konflik moet besef daar sal gevolge wees vir hul optrede.

Die resolusie was, volgens Suid-Afrika, ten gunste van die opposisie omdat dit net die Assad-regering aanspreek in vermanings oor die toekoms­tige gevolge vir hul dade.

Die resolusie bepaal ’n sperdatum vir ’n einde aan die gebruik van swaar wapens, vereis die onttrekking van Siriese magte aan stede en dorpe en stel sanksies voor indien die sperdatum nie nagekom word nie.

Ebrahim het verwys na onmin onder die vaste lede van die Veiligheidsraad wat gelei het tot China en Rusland se veto-stem om die besluit te kelder.

“Dit was beter vir ons om buite stemming te bly en ons kommer uit te spreek deur nie betrokke te raak in die konflik tussen die P5-lede (die vaste lede van die Veiligheidsraad) nie.”

Ebrahim sê Suid-Afrika het probeer om met die voorstanders van die resolusie te onderhandel, maar kon nie ’n ooreenkoms bereik nie.

“Hulle wou die een of ander soort politieke punt maak,” sê hy.

Dawoed Radjha (65), die Siriese minister van verdediging en ’n voormalige generaal, is Donderdag dood in ’n rebelle-aanval. Assef Shawkat, sy adjunk en swaer, het ook omgekom.

’n Voormalige minister van verdediging het later in die hospitaal gesterf en die minister van buitelandse sake en die departementshoof van nasionale veiligheid is ernstig beseer.

Die bomaanval word beskou as die grootste slag teen Assad se binnekring en toon dat die oorlog Damaskus, Assad se vesting gedurende die hele konflik, bereik het.

Tussen 8 500 en 30 000 Siriërs het ná die aanval na Libanon gevlug.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.