Wie's jou pappa?

2013-05-25 23:29

David Beckham by sy seuns, Brooklyn, Romeo en Cruz | Foto: Getty Images

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die einde van ’n Beckham-era...

Maar ook die begin van ’n nuwe een.

David Beckham (38) se oudste seun, Brooklyn (14), oefen saam met die Engelse Premierligaspan Queens Park Rangers net enkele dae nadat Beckham sr. sy uittrede aangekondig het.

Die klub het bevestig Brooklyn oefen by hom, maar hy het nie ’n kontrak met die QPR-akademie nie.

Die akademie is baie naby die Beckhams se nuwe tuiste in Wes-Londen.

Pa Beckham het destyds sy loopbaan begin deur hom op 14 jaar by Manchester United se akademie aan te sluit.

Volgens beroepswedders is die kanse 12-1 dat Brooklyn ook eendag vir Engeland gaan uitdraf. Brooklyn se kanse is glo 9-2 om in die Premierliga te speel.

Brooklyn is geen onbekende op die sokkerveld nie.

Hy speel reeds van vierjarige ouderdom by Spurs, nog ’n Premierligaspan. Hy het ook tyd saam met die o.14-span van LA Galaxy, die Amerikaanse span vir wie sy pa gespeel het, deurgebring.

Hy was boonop ’n gereelde gesig op en langs die veld toe sy pa nog by Paris Saint-Germain geoefen het.

Brooklyn se twee broers, Romeo (10) en Cruz (8), skop ook graag ’n sokkerbal rond, terwyl kleinsus Harper (21 maande) nog ma Victoria se heup verkies.

Beckham het in sy loopbaan van 20 jaar onder meer vir Manchester United, Preston North End, Real ­Madrid, AC Milan en Los ­Angeles Galaxy gespeel as hy nie vir Engeland uitgedraf het nie. Hy is twee keer as naaswenner aangewys vir ­Fifa se prys as wêreldspeler van die jaar en in 2004 is hy as die bes betaalde sokkerspeler aangewys.

Toe hy hom in 2007 by die Major League Soccer in die VSA aangesluit het, het hy geskiedenis gemaak deur die hoogste salaris tot nog toe te verdien: $6,5 miljoen (R62,7 miljoen).

Sy roemryke loopbaan was nie sonder skandes nie.

’n Bom het in April 2004 in die Beckham-kamp ontplof toe ’n Britse koerant bekend maak “Goldenballs” het ’n affair met Rebecca Loos gehad. Loos het as Beckham se persoonlike assistent gewerk toe hy na Real Madrid verhuis het.

Volgens Loos het sy ’n “alternatiewe vrou” vir die sokkerster geword toe sy vrou, Victoria, meer tyd in Brittanje wou deurbring om aan haar sangloopbaan te werk.

Beckham self het nooit dié aantygings erken of ontken nie.

Bronne: www.guardian.co.uk; www.mirror.co.uk


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 1-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-15°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 8-18°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Civil Engineer

Western Cape
Communicate Cape Town Engineering
R350 000 - R500 000 Per Year

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R500 000 - R550 000 Per Month

Costing Manager- Mining

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R600 000 - R700 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!