Woede oor fliek smeul steeds

2012-09-22 23:17

’n Moslem-vrou in Bangkok, Thailand, voeg haar stem die afgelope week by dié van Moslems die wêreld oor wat teen die film Innocence of Muslims betoog het.| Foto: Reuters/Chaiwat Subprasom

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Duisende mense het gister die strate van Nigerië ingevaar om te betoog teen die berugte anti-Islam-fliek Innocence of Muslims.

Die betogers het geskree: “Maak Amerika dood, maak Israel dood, maak die vyande van Islam dood.”

Byna twee weke nadat gewelddadige betogings teen die fliek uitgebreek het wat die lewens van onder andere die Amerikaanse ambassadeur in Libië en agt Suid-Afrikaners in Afgani­stan geëis het, kring die geweld steeds wyer oor die wêreld uit.

Die betoging in Nigerië was die grootste een gister en is gereël deur ’n organisasie genaamd die Islamitiese Beweging in Nigerië, ’n pro-Iranse groep van Sjiïtiese Moslems, berig AFP.

“Ons is vandag hier om ons woede uit te spreek oor die lasterlike fliek,” het Muhammed Turi, leier van die betogers by ’n soortgelyke protesoptrede in die stad Zaria, gesê.

Die betogers het ook afbeeldings van pres. Barack Obama en Amerikaanse en Israelse vlae verbrand. Ander het Iranse vlae geswaai.

Ook in Pakistan, waar die Amerikaanse regering vergeefs TV-advertensies laat uitsaai het om hulle van die fliek te distansieer, het betogings voortgeduur. Vrydag is tot ’n nasionale vakansiedag verklaar uit protes teen die fliek. Ondanks Pakistan se regering se versoeke dat betogings vreedsaam moet verloop, het betogers geboue afgebreek en minstens 19 mense is gedood.

In Frankryk het gemoedere ook die hoogte ingeskiet nadat die satiriese weekblad Charlie Hebdo Woensdag spotprente van Mohammed gepubliseer het. Talle Moslemgroepe het met protesaksie gedreig. Die polisie het ’n man in die stad La Rochelle in hegtenis geneem nadat hy op die internet gevra het Moslems moet die kop van die redakteur van Charlie Hebdo afkap.

Die Franse minister van binnelandse sake, Manuel Valls, het aangekondig geen groepe sal toestemming kry om teen die spotprente te betoog nie.

In een van die dodelikste aanvalle die afgelope week is 12 mense, onder wie agt Suid-Afrikaners, dood in ’n selfmoordbomaanval in Kaboel, Afgani­stan.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, sê die regering het nog nie die lyke van die Suid-Afrikaners wat gesterf het, teruggebring na Suid-Afrika nie, berig Mandy Rossouw.

“Ons stuur nie reisaanbevelings uit nie,” sê Kgwete, “want die lande hou nie daarvan as ons sê ons mense moet nie daarheen gaan nie.”

- AFP

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-14°C Numerous showers. Morning clouds. Cool. Pta: 7-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 2-15°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 12-23°C Partly cloudy. Mild. PE: 10-21°C Showery. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

call centre

Randburg
ADY STAFFING

Tool & Die Maker

Durban Southern Suburbs
Ubusha Recruitment (Pty) Ltd

Sales Administrator

Johannesburg
Corporate Business Security, a well established electronic security business based in JHB requires a
R9 000 - R11 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!