Zuma kap na Veiligheidsraad

2012-01-14 23:30

Suid-Afrika se lomp hantering van die ­Libiese krisis het die afgelope week ’n skadu gegooi oor die land se voorsitterskap van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad.

Pres. Jacob Zuma was in New York om die eerste debat van die jaar in die VN se Veiligheidsraad waar te neem.

Die tema was die opbou van die verhouding tussen die Afrika-Unie en die VN.

Zuma het dit betreur dat die AU nie geraadpleeg is nie toe die Veiligheidsraad besluit het om Libië met die hulp van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) binne te val. Zuma wil egter sy brood aan albei kante gebotter hê.

Hoewel hy die Weste goed laat verstaan het “Afrika is nie ’n speelplek vir die bevordering van ander se belange nie”, wil hy ook hê Afrika moet ’n vaste setel in die Veiligheidsraad kry.

“Hoewel 70% van die Veiligheidsraad se agenda aan Afrika gewy word, het die vasteland steeds geen permanente verteenwoordiging daar nie,” het hy tydens die debat gesê.

Die Westerse lande het nie net teruggesit terwyl Zuma hulle oor Libië berispe het nie. Die Amerikaanse VN-ambassadeur, me. Susan Rice, het teruggekap en gesê die AU was te stadig met sy besluitneming en die organisasie praat nie altyd met een stem nie.

“Die AU het soms aangedui hulle voel gemarginaliseer deur die Veiligheidsraad, maar die Veiligheidsraad voel die AU is nie konsekwent in sy hantering van kwessies nie en was te stadig met optrede wat belangrike besluite betref .”

Suid-Afrika se destydse besluit om die Navo-inval te ondersteun net om dit daarna te kritiseer, het ’n bitter smaak by veral Frankryk, die VSA en Brittanje gelaat.

Zuma het gemeen hulle probeer Afrika herkolonialiseer.

Die Veiligheidsraad het ’n roterende presidentskap en elke land op die raad kry ’n beurt om die vergaderings te lei.

Dit word gesien as ’n geleentheid vir kleiner lande om hul stem te laat hoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.