Fyn kyk vir beste fonds noodsaaklik

2002-07-27 17:51

Nie so lank gelede nie was effektetrusts uiters gewild. Feitlik elke finansiële publikasie het 'n ontleding van 'n effektetrust of 'n onderhoud met 'n effektetrust-portefeuljebestuurder bevat. Aanbiedings waar hierdie bekende beleggingsbestuurders opgetree het, het toenemend gewild geraak en byna almal is aangeraai om minstens "iets" in 'n effektetrust te belê.

Dit is dus nie verbasend nie dat effektetrusts in die buiteland en plaaslik teen 'n geweldige spoed toegeneem het - veral omdat effektetrustbeleggingshuise 'n paar effektetrusts nodig gehad het om hulle te beskerm ingeval daar een of twee verloorders onder hul effektetrusts was!

Ná al daardie euforie weet beleggers vandag dat 'n effektetrust nie 'n wonderbeleggingsproduk is nie. Die internet-seepbel wat gebars het, die afswaai in Amerika se ekonomie, en veral onlangse wydverspreide wantroue van korporatiewe winste het probleme vir effektetrusts veroorsaak.

Of duideliker gestel: talle effektetrusts verloor geld vir hul beleggers. Slegs 'n handjievol kan met reële opbrengs ná koste en belasting spog.

Beteken dit dat effektetrusts sal uitsterf?

Beslis nie. Hoewel dit baie teleurstellend is dat so min effektetrusts hul beloftes kon nakom, beklemtoon onlangse gebeure grootliks die belangrikheid van die keuse van die regte effektetrust.

'n Effektetrust is nie 'n waarborg van goeie opbrengs net omdat dit 'n seleksie van verskillende aandele verteenwoordig nie. Verwagtings in die huidige wêreldwye stygmark is meer realisties en beleggers weet die keuse van die beste fonds beteken om op reële langtermyngroei te fokus eerder as dubbelsyferbonansas.

Een van die nuttigste onafhanklike opnames oor individuele effektetrusts word deur Plexus Batebestuur gedoen. Die Plexus Oorsig ondersoek die prestasie van alle Suid-Afrikaanse effektetrusts op 'n een-, twee- en driejaargrondslag. Fondse word in een van vyf kwintiele geplaas, met die beste fondse in die eerste kwintiel. Hierdie fondse is die effektetrusts wat konsekwent hul eweknieë in hul onderskeie sektore geklop het.

"Hierdie oorsig gee effektetrustbeleggers 'n goeie aanduiding van die relatiewe prestasie van hul effektetrusts in vergelyking met ander," sê dr. Prieur du Plessis, besturende direkteur van Plexus Batebestuur. "Dit stel beleggers in staat om realisties te bly, maar terselfdertyd goeie prestasie van hul fondse te verwag."

Investec en Liberty spog met die meeste effektetrusts (sewe elk) in die top- twee kwintiele van die oorsig vir al die metingstydperke geëindig 30 Junie 2002.

"Coronation, vanjaar se wenner van die oorsig se algehele toekenning vir die mees konsekwente effektetrustbestuurder, is kort op hul hakke met ses fondse in die top- twee kwintiele.

"Hierdie drie effektetrustbestuurders het bewys hulle is ware kampvegters vir hul beleggers. Hulle is die enigste bestuursmaatskappye wat konsekwent meer as een fonds in die topkwintiel het. Hierdie wenfondse sluit in Coronation Internasionale Aktiewe Fonds van Fondse, Coronation Spesialis-effektefonds, Investec Wêreldwye Multibestuurder A, Investec Waarde R, Liberty Inkomste en Liberty Stabiliteit.

Ander effektetrustbestuurders met wenfondse in die topkwintiel is Absa met sy Gebalanseerde Fonds R, Allan Gray met sy vlagskip Aandelefonds, FutureGrowth met sy Pure Equity Fund, Oasis met Oasis Crescent Equity Fund, en RMB met sy bekende Strategiese Geleenthedefonds.

Vir die beleggers in fondse wat in die onderste kwintiel geplaas is, sal meer omsigtige effektetrustseleksie 'n nie-onderhandelbare vereiste wees wanneer hulle weer belê. Fondse wat konsekwent onderpresteer het en in die onderste kwintiel van die Plexus Oorsig is, sluit in Absa Internasionaal R, NIBI Altitude Equity Fonds van Fondse, PSG Geleenthede, Sage Geldmark, Sanlam Toekomstendense, Sanlam Prima Groei, Sanlam Voorsieningstrust R en Standard Bank Mutual R.

Beleggers wat in die volledige ontleding van die prestasie van hul effektetrusts belang stel, kan na die tabel hieronder kyk. Hoewel talle effektetrusts vandag in Suid-Afrika beskikbaar is, is hierdie wye keuse nie 'n verskoning om verward te raak en te vergeet om 'n fonds se prestasie fyn dop te hou nie.

Trouens, die huidige omgewing maak dit vir die ernstige belegger noodsaaklik om die prestasie van sy beleggings en die konsekwentheid daarvan te monitor. Dit is hier waar die Plexus Oorsig se gedetailleerde ontleding vir beleggers so nuttig is.

*  Vir verdere inligting bel Du Plessis by: Tel: 0861-115-115 of e-pos:info@plexus.co.za

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 18-25°C High level clouds. Mild. Pta: 9-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 10-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 19-26°C Early fog followed by sunny skies. Mild. PE: 15-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!