Uitkeerpolis: dink voor jy doen

2001-02-10 21:14

Die groot dag het aangebreek. Jy het jare geswoeg en gesweet en jou swaarverdiende geld in daardie uitkeerpolis belê, maand ná maand, jaar ná jaar.

Eintlik het jy nie gedink dat hierdie dag ooit sou aanbreek nie; dit was so ver in die toekoms.

Dis ook moontlik dat jy vergeet het van die polis omdat die premies so klein was.

En noudat hierdie polis uitbetaal, het jy ook seer sekerlik vergeet waarom jy dit aanvanklik uitgeneem het.

Maar dis nie waaroor hierdie artikel gaan nie.

Dit gaan oor wat jou nou te doen staan met die opbrengs van jou polis. En omdat hier so baie opsies is, oefen sommige beleggers die swakste keuse uit.

Daar is letterlik duisende poliseienaars wat daagliks in Suid-Afrika voor hierdie keuse te staan kom namate die termyne van uitkeerpolisse aan hul einde kom.

Ek het my eerste polis uitgeneem die dag toe ek weermag toe is. Nadat ek my skoene, politoer, geweer en dies meer gekry het, was daar die man van Sanlam wat ook gesit en wag het vir die jong latte.

Ek moet sê, daardie "salesman" was goed.

My maandelikse premies was groter as my karige salarissie en ek moes elke maand geld by my dierbare moeder leen om die premies te kan bekostig.

Al troos vir haar was dat sy darem die begunstigde was van die polis indien iets met my sou gebeur.

Maar dit was dertig jaar gelede en hierdie ou polissie van my betaal een van die dae uit.

Hoeveel weet ek nog nie, en wat die eintlike groei was, sal niemand kan uitwerk nie, maar die geld sal welkom wees.

Tot so 'n paar jaar gelede was daar nie veel opsies oor wat om met jou uitbetaling te doen nie. Jy kon die geld laat uitbetaal of voortgaan met jou premies.

Vandag is daar veel meer opsies.

Heel waarskynlik die swakste opsie is om die polis te kanselleer en dit te laat uitbetaal.

Want sien, daardie verjaarde polis van jou het 'n waardevolle handelsinstrument geword, synde die groot mark vir tweedehandse polisse.

Baie beleggers weet dalk nog nie dat daardie polis verkoop kan word aan iemand anders wat so 'n belegging wil oorneem nie.

En gewoonlik geskied so 'n transaksie teen 'n premie bokant die kontantuitbetaling wat die versekeringsmaatskappye aan jou sal uitbetaal.

So hoekom goedsmoeds 3% tot 5% van die waarde van jou polis eenvoudig weggee deur die polis te kanselleer?

'n Verjaarde (of tweedehandse polis) is baie aantreklik vanuit veral twee oogpunte: die geld wat in so 'n polis geplaas word deur die persoon wat dit koop, is onmiddellik beskikbaar en boonop belastingvry in die hande van die belegger.

Vir iemand wat 'n nuwe polis uitneem, moet daar minstens vyf jaar gewag word voordat die polis daardie eienskappe aanneem.

Ek wil egter net onderstreep dat daar wel belasting betaalbaar is op uitkeerpolisse, maar wel deur die versekeringsmaatskappy en teen 'n laer koers as wat individue betaal.

Nou as hierdie polis dan so waardevol is, waarom sal iemand dit verkoop?

Daar is baie redes hoekom mense polisse laat uitbetaal of verkoop.

Ten eerste was die opbrengs dalk so laag dat hulle niks meer te doen wil hê met die betrokke maatskappy nie.

Die eienaar van die polis het dalk die geld nodig om skuld af te betaal of wat ook al die geval mag wees.

Opsie nommer een is dus om die geld te laat uitbetaal.

Opsie nommer twee is om voort te gaan met die premies, of selfs verhoogde premies, vir 'n termyn van minstens vyf jaar.

Opsie nommer drie is om die polis te verkoop aan iemand anders, hetsy deur middel van die assuransiemaatskappy self of deur maatskappye wat op die been gebring is om 'n mark te skep in hierdie instrument.

Policy Link, byvoorbeeld, is 'n maatskappy wat polisse koop en verkoop.

Opsie vier is om die geld te laat by die versekeringsmaatskappy en dan te plaas in een van die verskillende portefeuljes wat deur die betrokke maatskappy aangebied word.

'n Baie gewilde opsie vir mense wat polisse by Ou Mutual het, is om die geld oor te plaas na die Gewaarborgde Portefeulje wat die belegger se kapitaal waarborg en jaarliks 'n baie bestendige opbrengs gee.

Ou Mutual laat beleggers ook toe om die kapitaal oor te plaas na sy Investment Frontiers-beleggingskema waar daar weer eens gekies kan word uit 'n reeks portefeuljes, onder meer 'n buitelandse een.

Ander maatskappye het soortgelyke keuses.

Liberty Lewens het so 'n paar jaar gelede 'n baie interessante konsep ontwikkel in hierdie betrokke mark.

Liberty het self die polisse opgekoop van mense wat hul polisse wou kanselleer.

Al hierdie polisse is saamgebondel in een poel wat dan weer stuksgewys aan nuwe beleggers verkoop is.

Dit was 'n baie suksesvolle onderneming, want dit het aan voornemende beleggers onmiddellike toegang tot 'n verjaarde polis gegee.

Ek het al voorheen geskryf oor hoe 'n verjaarde polis tot groot voordeel gebruik kan word om belasting te spaar wanneer dit kom by 'n onttrekking uit 'n aftreefonds, soos 'n bewaringsfonds.

Ek sal weer aanstaande week hierdie tegniek verduidelik.

* Magnus Heystek is 'n onafhanklike beleggingsraadgewer by Magnus Heystek International. Hy is ook die skrywer van verskeie boeke oor beleggings, waaronder The Truth about Retirement. Tree met hom in verbinding by (011) 799-8100 of by Magnus Heystek

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 15-20°C Mostly sunny. Mild. Pta: 11-25°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 11-19°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 11-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
Dbn: 19-22°C a few tstorms. Mostly cloudy. Mild. PE: 14-16°C Heavy rain. Mostly cloudy. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!