Wat moet belegger met lompsom doen?

2001-06-09 18:09

Beleggers met lompsom-bedrae is soms kwaai in die war oor die verskeidenheid opsies wat beskikbaar is om hierdie geld te belê.

Die eerste vraag om te beantwoord, is of die oogmerk kapitaalgroei is of om suiwer rente te verdien.

As dit gaan oor kapitaalgroei, is daar 'n magdom opsies tussen al die finansiële instellings.

Dis 'n baie mededingende veld en almal probeer die beste voetjie voorsit ten einde die belegger te oortuig om hier of daar te belê.

As die belegger die veiligheid van 'n vaste belegging by 'n bank verkies, is dit 'n eenvoudige saak.

Die geld word vir 'n tydperk vas belê - van een maand tot vyf jaar - teen 'n rentekoers wat nie verander kan word nie.

Aan die einde van die termyn kry die belegger sy geld terug en dis die einde van die storie. Of is dit?

Die inflasiekoers en belasting is die twee groot probleme wanneer dit by vasterente-beleggings kom. Ek kan 'n hele rubriek net daaroor skryf.

Weens die belasting betaalbaar op rente ontvang, kan 'n vasterente-belegging minder aantreklik word.

Neem byvoorbeeld 'n vaste belegging van R1 miljoen by 'n bank met 'n rentekoers van 9% per jaar, oftewel R90 000 vir die jaar.

Hierdie rente word - behalwe vir die eerste R3 000 - by jou inkomste gevoeg en belas teen 'n gemiddelde koers van sowat 40%. Dit kom neer op belasting van R34 800.

As jy die R3 000 daarby tel, is die netto opbrengs van R55 200 gelyk aan 'n opbrengs van 5,5% - heelwat laer as die inflasiekoers.

Watter ander opsies is daar vir beleggers wat sekuriteit soek, maar 'n beter opbrengs op hul belegging wil verdien?

Een van die vele inkomsteplanne wat by versekeringsmaatskappye en ander finansiële instellings soos die gekoppelde effektetrustmaatskappye beskikbaar is, is 'n baie aantreklike opsie.

Ek het vandeesweek bietjie rondgesoek en kwotasies gekry. Vir iemand wat 'n miljoen het om te belê, 'n waarborg van kapitaal soek en terselfdertyd 'n gereelde inkomste wil kry, wissel die koers wat aangebied word van instelling tot instelling.

Ou Mutual bied 'n koers van R7 277,62 per maand (voor belasting) met 'n waarborg van kapitaal aan die einde van die termyn van 5 jaar.

Investec bied 'n inkomste van R6,923,30 per maand aan (met dieselfde waarborg).

Die verskil in die inkomste is waarskynlik te wyte aan die hoër koste wat Investec vra: 6,84% vergeleke met 4,42% by Ou Mutual.

Hierdie koste kan met jou makelaar onderhandel word. 'n Laer koste kan vir jou 'n hoër inkomste beteken.

Omdat koerse heelwat van maatskappy tot maatskappy verskil, is dit raadsaam om rond te soek na die beste transaksie.

Oor die termyn van 5 jaar is die totale verskil tussen Ou Mutual en Investec R21 240. Hoekom jou geld by Investec plaas as hulle nie minstens dieselfde koers as Ou Mutual aanbied nie?

Wat 'n inkomsteplan so aantreklik maak, is dat net 'n deel van die inkomste belasbaar is. Die inkomste wat ontvang word, word 'n vrywillige termyn-annü"teit (VTA) genoem. Net sowat 20% daarvan word belas.

Hoe hoër die belegger se belastingkoers, hoe aantrekliker is 'n inkomsteplan vergeleke met 'n vaste deposito.

'n Ander opsie vir beleggers met 'n lompsombedrag is om steeds 'n inkomste te neem, maar nie om 'n waarborg van kapitaal te vra nie.

In die geval van R1 miljoen styg die inkomste dan tot meer as R10 000 per maand, maar die kapitale bedrag aan die einde van die 5 jaar word bepaal deur die opbrengs op die beleggings wat die belegger moet doen.

Dit is 'n meer riskante belegging as die gewaarborgde opsie, maar die inkomste is hoër en die belegger kan dalk meer terugkry as wat aanvanklik belê is.

Kom ons kyk na 'n voorbeeld van die R1 miljoen waarvan die belegger 'n gereelde inkomste wil hê, maar ook darem die kans om sy R1 miljoen terug te kry sonder om die geld toe te sluit vir 5 jaar.

In so 'n geval kan die belegger 'n maandelikse inkomste van R10 403 (Momentum) kry. Hiervoor word R485 375 gebruik om die VTA aan te koop.

Met die balans van sowat R485 000 (want daar is sowat R30 000 se koste hieraan verbonde) word 'n effektetrustportefeulje aangekoop wat vir 'n termyn van 5 jaar belê word.

Die kapitale bedrag word nie aan die einde van die 5 jaar gewaarborg nie en is afhanklik van die groei op die bedrag wat aanvanklik belê word.

Teen 'n geskatte koers van 6% per jaar kry die belegger R649 000 terug en teen 12% kan R855 330 terugverwag word.

Groei die geld egter teen sowat 18% kry die belegger die beste van twee wêrelde: 'n baie hoë inkomste sowel as sy geld terug. Watter opsie moet gekies word?

Dis 'n baie moeilike vraag aangesien elke belegger se situasie verskil.

Vir jonger beleggers wat miskien nog 'n ander inkomste verdien, sou ek eerder die opsie sonder waarborge verkies. Vir ouer beleggers, veral vir diegene met 'n belastingprobleem, sou ek die belegging met die waarborge aanbeveel.

Maar wie is oud en wie is jonk? Dis nou weer die onderwerp vir 'n heel ander artikel. Tot volgende week wanneer ek so 'n bietjie kyk na bewaringsfondse.

* Magnus Heystek is 'n onafhanklike beleggingsraadgewer en skrywer van verskeie boeke oor beleggings, waaronder The Truth About Retirement. Kontak hom by (011) 799-8100 of by die e-posadres magnus@heystek.co.za vir 'n gratis afskrif van sy jongste nuusbrief.

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 12-22°C Morning clouds. Mild. Pta: 11-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 8-21°C Showers early. Morning clouds. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-23°C Morning clouds. Mild. PE: 8-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Ananlyst

Midrand
Communicate Midrand Finance
R700 000 - R600 000 Per Month

Divisional Finance Executive

Midrand
Network Finance Sunninghill
R560 000 - R630 000 Per Year

Governance and Process Controller

Johannesburg South
Communicate Midrand Finance
R550 000 - R650 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!