Waar is al die onderwysers dan?

2004-12-14 17:11

Die gelyke ontplooiing van deeglik opgeleide onderwysers by al Suid-Afrika se skole is 'n dilemma waarvoor die onderwysowerhede klaarblyklik meer as Salomo se wysheid nodig het.

Want volgens mnr. Duncan Hindle, nasionale adjunk-direkteur-generaal van onderwys, is die probleem baie ingewikkelder as bloot die eweredige verspreiding van die land se sowat 360 000 leerkragte tussen 11 574 156 leer linge in byna 30 000 skole.

Só bereken, sou dit neergekom het op 'n heel gemaklike onderwyser-leerling-verhouding van 1:32,1 in alle skole.

As botallige onderwysers met die verlangde opleiding boonop volgens die eenduidige model van een skool, streek of provinsie na 'n ander gekarwei kon word, sou meer skole met "hoogs gekwalifiseerde" onderwysers kon spog.

In die eerste plek, sê Hindle, word die gelyke ontplooiing van onderwysers bemoeilik omdat tekorte slegs in spesialisvakke ervaar word en van streek tot streek verskil.

Limpopo het onder meer nie dieselfde behoeftes as die Wes- Kaap nie.

Die departement vereis wel dat 5% van die beskikbare onderwysposte in 'n provinsie vir minder bevoorregte skole "uitgehou" word. Op dié manier hoop die departement dat "onderwysers van gehalte" na die armstes in die stelsel gelok sal word.

Of dié subtiele oorreding werk, is onduidelik omdat talle studies daarop dui dat van integrasie by armer skole weinig sprake is, terwyl die meeste welvarender skole op die vlak van die leerlinge gë?ntegreer is.

Dieselfde is nie van toepassing op die onderwysers en beheerliggame nie.

Maar die Wet op Billike Indiensneming is ook nie van toepassing op individuele skole nie, sê Hindle. Volgens hom sê kenners toenemend die beroep het sedert 1994 witter geword en selfs in die kies van beheerliggame kry wit mense voorkeur. As swart onderwysers wel soms by wit skole aangestel word, onderrig hulle 'n Afrika-taal.

Voorgestelde konsepwette wat die provinsies meer mag as die beheerliggaam in die aanstelling van onderwysers kan gee, word tans oorweeg. Vorige voorstelle hieroor is afgeskiet omdat dié "gesentraliseerde benadering tot die ontplooiing van leerkragte nie sou werk nie en die skoolgemeenskap beter weet wie hy moet aanstel", was die vakbonde se verweer.

Verskeie departemente probeer egter geruime tyd al die aantal swart onderwysers in voormalige model C-skole vermeerder.

Die personeelsamestelling van die skole in KwaZulu-Natal moet die leerlingbevolking weerspieël, is gesê toe die skole in 2001 al tussen 60% en 80% swart leerlinge gehad het. Ook in Gauteng is opdrag gegee dat voormalige wit skole hier teen 2005 minstens 50% swart onderwysers in diens neem as deel van hul gelykheidsplan. Anders, is gedreig, sou die magte van die beheerliggame van Augustus 2001 af gestroop word.

Uit vorige dwangpogings om 'n regverdiger verspreiding van leerkragte oor provinsiale grense te bewerkstellig, waaronder rasionalisasie en herontplooiing, het die owerhede seker 'n duur les geleer. Van die 345 584 poste in die laat jare negentig is 33 364 botallig verklaar en 25 175 onderwysers kon elders benut word. Altesame 8 097 is reddeloos gelaat en sowat 100 Oos-Kapenaars was van dié wat volstrek geweier het om na skole in Umtata oorgeplaas te word.
   Veral die Wes-Kaap sukkel om van dié verlies aan kundigheid, veral in bruin skole, te herstel, meen prof. Dirk Meerkotter, dekaan van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Wes- Kaapland. Talle ervare onderwysers het 'n beroep verlaat wat sy aantrekkingskrag vir nuwe toetreders verloor het. Net 3% studente volg deesdae ná matriek dié studierigting.

Me. Naledi Pandor, minister van onderwys, het onlangs haar kommer uitgespreek omdat sowat 17 000 onderwysers jaarliks die beroep verlaat, terwyl slegs 3 000 nuwes hulle vervang. Sy het ge waarsku dat die leerlingtal weer begin toeneem ná 'n drie jaar lange daling.

Hoewel die Wes-Kaap oor die algemeen nie met 'n onderwyserstekort sukkel nie, erken dié onderwysdepartement (WKOD) dat hy nie genoeg onderwysers met spesifieke kwalifikasies het om onder meer in wiskunde, wetenskap en ander tegniese vakke te onderrig nie.

En dié probleem geld blykbaar voormalige model C-skole en dié op die platteland en in die townships. In 2001 het slegs 14% van die land se skole onderwysers gehad met die minimum tersiêre opleiding van matriek en drie jaar in dié vakke.

In die hoop om ook goeie onderwysers na die armer skole te lok, ken die WKOD 5% van sy beskikbare poste aan dié skole toe sodat hulle 'n groter vakkeuse kan aanbied. Volgens die WKOD kan welvarender skole hoër skoolgeld hef om bykomende onderwysers te betaal.

"Omdat die skoolbevolking jaarliks verander weens die migrasie van leerlinge na die provinsie of van die landelike na die stedelike gebiede, vind ons dat sommige poste botallig word by sommige skole en by ander word meer vereis," sê die WKOD.

Die botalliges word aangemoedig om elders 'n vakante pos te aanvaar, al is die sogenaamde risiko-skole in dié provinsie nie noodwendig 'n eerste keuse nie. As sy steunprogramme vir beter leer en onderrig, en beheer en bestuur hier slaag, kan dié skole aantrekliker word vir onderwysers wat permanente aanstellings wil hê. Benewens hoër salarisse en beter diensvoorwaardes, veral vir onderwysers wat in landelike skole en "minder aantreklike" ge biede hul beroep wil beoefen, kan persoonlike veiligheid net 'n aanbod soeter maak, meen die kenners.

Altesame 29 206 onderwysers, van wie 2 206 se kwalifikasies laer as matriek en drie jaar opleiding is, onderrig tans 912 000 Wes- Kaapse leerlinge. Veral leerlinge se migrasie na die stad veroorsaak dat die Wes-Kaap in sommige landelike gebiede te veel leerkragte het, terwyl die stad 'n tekort ervaar. "Weens omstandighede trek onderwysers nie saam as hul leerlinge die platteland verlaat nie," sê die WKOD.

Hoe sommige provinsies weet hoeveel onderwysers hulle tot hul beskikking het, of waar onderwysers vir sommige vakke by watter skole benodig word, is 'n raaisel. Wanneer laas die Oos-Kaap of Limpopo poste hier geadverteer het, is 'n duister saak. In die Vrystaat is die laaste tyd geen poste in die "ope mark" aangebied nie.

Volgens statistieke van die onderwysorganisasie Edufound het die Oos-Kaap in 2002 byna 12 000 ongekwalifiseerde onderwysers uit 66 281 gehad, KwaZulu-Natal 12 660 uit 75 319 en Limpopo byna 8 000 uit 54 612.

Niemand in dié departemente kon die statistieke bevestig nie.

Die Oos-Kaap sit met die probleem van byna 7 000 onderwysers wat oorbodig is in die betrokke skole waar hulle werk en wat voor einde vanjaar herontplooi moet word.

KwaZulu-Natal het probleme met onderwysers wat hul kwalifikasies beknoei het en leerkragte wat "permanent" in tydelike poste sit. Dié toedrag van sake kan provinsies se statistieke en beplanning vir poste erg deurmekaar krap.

Mpumalanga se prognose lyk nie veel beter om genoeg opgeleide onderwysers in die regte poste te pas nie, want die provinsie sit met 1 348 tydelikes, 501 ongekwalifiseerdes, 2 091 wie se opleiding nie op peil is nie en 24 653 opgeleide onderwysers. Die provinsie het 895 947 leerlinge.

Volgens dié departement is dit moeilik om voldoende opgeleide onderwysers vir sommige skole te werf. Onderwysers wat lang afstande na landelike skole moet aflê, is dikwels afwesig of laat of loop vroeg. Dié departement oorweeg nou verskeie maniere waarop hy onderwysers vir wiskunde en wetenskap na sy "mins gewilde" skole kan lok.

"Geen onderwysstelsel kan sonder toegewyde en gekwalifiseerde onderwysers funksioneer nie. Dekades waarin bitter min in onderwysers belê is, haal ons nou tien jaar ná demokrasie in," sê Pandor. Volgens haar kon die departement nie bloot goeie onderwysers uit die voorheen bevoordeelde skole na benadeeldes in townships verskuif nie. Daarom het armer provinsies liewer nuwe, ongekwalifiseerde leerkragte in diens geneem.

Maar nou loop die townshipskole leeg en die voormalige wit skole bars uit hul nate weens die soeke na gehalte-onderwys. Om te verseker dat skole in die townships en landelike gebiede ook dié toegang bied, bestee die departement miljoene aan die verbetering van onderwysers se vaardighede.

Van meer as 85 000 ongekwalifiseerde onderwysers in 1999 het die land nou minder as 20 000, sê Pandor. Op dié manier kan verseker word dat alle skole eersdaags met goeie onderwysers spog.

Indiensopleiding is nie genoeg nie, sê Meerkotter. Meer nuwe toetreders is nodig om die bestaande arbeidsmag te versterk.

Probleme met die ontplooiing van onderwysers is 'n vername oorsaak van 'n ondoeltreffende onderwysstelsel, maan die span kundiges wat vanjaar vir die Wêreldbank navorsing gedoen het oor die werwing, behoud en heropleiding van onderwysers suid van die Sahara. As die kundigheid nie regverdig versprei word nie, kan dit toegang tot gelyke onderwys vir almal ondermyn.

Die toenemende vraag na goed opgeleide onderwysers vereis 'n omwenteling in die wyse waarop die arbeidskrag na die skole in Suid-Afrika versprei word. Hoe dit gedoen moet word, is 'n oop vraag, maar dat dit gedoen moet word, is 'n uitgemaakte saak.

Want die pad na die regverdige verdeling van die land se onderwysersgehalte behels 'n fyn balans tussen onder meer werwing (van nuwe onderwysers), heropleiding en die behoud van die bestaande onderwysers. En tussen werwing en behoud lê 'n reeks kwessies, waaronder die benutting van onderwysers, waar hulle ontplooi word, klasgrootte en diensvoorwaardes.

En dít gaan geld, wysheid en geduld kos.

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 1-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 0-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -1-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-19°C Mostly sunny. Cool. PE: 10-16°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!