Probleme by die werkplek:'Onderwysers behoort mos ook oortyd te kry'

2004-06-05 12:02

Uitasem opvoeder skryf:

U het onlangs geskryf dat alle werknemers wat 24 uur of langer per maand werk, minder as R115 572 per jaar verdien en nie 'n senior bestuurswerknemer is nie, oortyd-vergoeding betaal moet word teen een en 'n half keer hul uurtarief.
   Hoekom geld dit nie ook in die onderwysberoep nie? Die meeste onderwysers werk langer as 45 uur per week sonder enige vergoeding en val daarom in die kategorie wat u beskryf het.

Neem die "verpligte rugbytoer" as voorbeeld.

Afgesien daarvan dat die onderwyser alle reëlings vir die rugbytoer in sy vrye tyd moet tref omdat hy tydens skoolure nie tyd daarvoor het nie, is hy ook tydens die toer 24 uur aan diens.

Dit moet hom tog sekerlik in die kategorie plaas van 'n werknemer wat oortyd-vergoeding betaal moet word.
   Daar is talle ander voorbeelde, soos die verwerking van evaluering, voorbereiding, sportafrigting, vak-administrasie, vak-vergaderings.

Alles moet gedoen word ná skoolure omdat daar meer vakrigtings en minder administratiewe tyd in skoolure is.

Oortree ons werkgewer, die staat, nie die wet nie?
   Waar kan ons ons saak verder voer as onderwysers?

Ons vakbonde is net daar om nog die laaste bietjie uit ons salarisse te tap sonder om 'n vinger vir ons te verroer.
Antwoord:

Onderwysers se werkure word bereken op 'n gemiddelde per jaar aangesien skoolvakansies in berekening gebring word.

Op aandrang van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), wat as vakbond geregistreer is, is daar onlangs 'n ondersoek deur die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) gelas om te bepaal of maksimum werkure vir onderwysers bepaal kan word.

Tans is die minimum reël sewe uur per dag vir 'n skooldag.

Eers wanneer maksimum ure bepaal is, sal oortyd-vergoeding toegepas word.

Ek dink jy oordeel die onderwysvakbonde 'n bietjie streng. Van hulle doen baie vir hul lede, maar ek stem saam dat julle nie altyd weet waarmee die vakbonde hulle besig hou nie en watter suksesse hulle reeds deur kollektiewe be dinging en ander samesprekings of verteenwoordiging vir hul lede behaal het nie.

Die onderwysvakbonde moet ook beter ingelig word oor die behoeftes van hul lede.

Daar is te veel klein vakbonde wat spesifieke belangegroepe in die onderwys verteenwoordig.

Saam onder een sambreel sal hulle gewis meer vermag as elkeen op sy eie.
   Woon jul vakbond-takvergaderings by en neem deel aan vakbond-bedrywighede. Julle moet jul stemme laat hoor en meer lede werf.

Dit is al hoe julle die vakbonde vir julle kan laat werk.


Onnies nie oor selfde wet-kam geskeer

Oud-onnie skryf:


U het onlangs gemeld dat onderwysers nie onder die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) val nie.

 Geld dit ook vir onderwysers in beheerliggaamposte? Volgens die departement van arbeid is beheerliggaamposte private aanstellings en dus val hulle onder die WBDV.

 Onderwysers in beheerliggaamposte wat per uur betaal word (dus deeltydse aanstellings), moet soos alle ander onderwysers die tagtiguur-opleiding tydens skoolvakansies ondergaan. Word dit beskou as ure gewerk waarvoor vergoeding van die beheerliggaam geëis kan word?
    Wat betref sport of ander geleenthede buite die normale werkure van 'n beheerliggaampos wat per uur betaal word: Kan so 'n persoon verplig word om te help tydens sulke geleenthede?
   
Antwoord:

Ek kan op al drie vrae antwoord deur te sê dit hang af van die kon trak waarop die persoon aangestel is. Die kontrak kan lui dat die diensvoorwaardes gereguleer word deur die WBDV of dat dit gereguleer word deur die staatsdiensregulasies vir die onderwys.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) meen dat onderwysers in beheerliggaamposte moet aandring op 'n dienskontrak wat al die diensvoordele en 'n volledige pligstaat bevat. Dit kan ge skille voorkom.
   Die ideaal is dat beheerliggaamposte volledig vergelyk met depar tementele poste wat diensvoordele en pligstate betref.

Dit kom daarop neer dat 'n persoon wat in 'n beheerliggaampos aangestel word en nie spesifiek ingelig word dat hy op dieselfde diensvoorwaardes as in 'n staatsdiens-pos aangestel word nie, onder die WBDV val en dat hy vir die ekstra ure gewerk bykomstige vergoeding kan eis.

Of 'n persoon kan weier om te help met buitemuurse bedrywighede, hang daarvan af of hy gekon trakteer is om dit te doen.


Verlof verlore by bedanking

Sonder geld skryf:


Ek is die afgelope agttien jaar 'n onderwyser in diens van 'n provinsiale onderwysdepartement.

Ek het nog nooit om langverlof aansoek gedoen nie.

As ek uit die onderwys sou bedank, sal ek al my ongebruikte verlofdae (97 dae) verloor.

Volgens departementele omsendbriewe word die verlofdae net uitbetaal by aftrede en uitdienstrede met 'n pakket.

My vrae is: Geld die land se arbeidswette nie ook vir staatsdepartemente nie?

Moet sulke ongebruikte verlofdae nie by bedanking uitbetaal word nie?


Antwoord:

Jy vertolk die skrywes van die onderwysdepartement korrek: geen ongebruikte verlof word by bedanking uitbetaal nie. Jou navraag gaan spesifiek oor ongebruikte langverlof.
   Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes het geen bepalings oor langverlof nie en die verlofregulasies vir onderwysers is hoofsaaklik gegrond op verlofvoordele wat onderhandel is tussen die staat en vakbonde in die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad.

Die staatsdiensvakbonde is besig om te onderhandel oor die uitbetaling van ongebruikte verlof by diensbeëindiging ongeag die redes waarom jy uit diens tree.


Leerkrag kry nie vaste pos ná kanker

Reg-vir-werk skryf:


Ek moes die onderwys agt jaar gelede verlaat omdat ek kanker gehad het.

Ek het intussen volkome genees en beklee sedert middel 2001 'n kontrakpos by 'n hoërskool.

Ek het 'n mediese sertifikaat wat bevestig dat ek 100% herstel het en weer geskik is vir die onderwystaak.
   Die kontrakpos waarin ek my tans bevind, word nou 'n permanente pos en is reeds in die vakaturelys geadverteer. Geen aansoeke is ontvang nie.

Nou is die pos "oop" geadverteer, maar die onderwysdepartement weier dat ek aansoek doen om 'n permanente aanstelling.

Ek meen daar word teen my gediskrimineer.
   Ek is 'n veertigjarige man en het dus nog baie jare oor wat ek aan die opvoeding van leerlinge kan wy.

Ek het slegs 'n eenmalige bedrag pensioen ontvang toe ek ongeskik verklaar is en se dertdien ontvang ek geen voordele soos medies, pensioen en bonusse van die onderwysdepartement nie. Ek word nou verplig om agter kontrakposte aan te trek.
   Kan ek die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) nader en 'n saak aanhangig maak, of stel u voor dat ek 'n arbeidsprokureur kontak?


Antwoord:

Uit die dokumente wat jy aan my gestuur het, is dit duidelik dat die spesifieke provinsiale onderwysdepartement wel die aanstelling van 'n onderwyser sal oorweeg indien hy deur 'n onderwysinstelling benoem word.

Dit sal egter alleenlik geskied op voorwaarde dat so 'n instelling sonder sukses alle moontlike pogings aangewend het om die dienste te bekom van 'n onderwyser wat nie die diens weens swak gesondheid, met 'n vrywillige skeidingspakket of met vervroegde pensioen verlaat het nie. Omdat daar so 'n groot aantal onderwysers is wat aan al die voorgeskrewe vereistes voldoen, is jou kanse inderdaad nie goed om 'n permanente pos te kry nie. Niks verhinder jou egter om aansoek te doen nie.

My mening is dat dit inderdaad as diskriminerend beskou kan word as 'n gesonde persoon nie vir 'n pos in aanmerking kom nie.

Ek stel voor jy nader jou vakbond om die probleem te help oplos. Dis gewis 'n saak vir die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys.


Departement klou aan pensioengeld

Moeg-gewag skryf:


Ek het in Januarie 2003 as onderwyser bedank.
   Ek het my driemaande-kennisgewing gewerk soos vereis word en die onderwys in Maart 2003 finaal verlaat. Dis nou al diep in 2004 en tot dusver het ek nog geen sent van my pensioengeld van die Gautengse onderwysdepartement gekry nie.
   Ek skakel elke week die sentrale dienssentrum, maar kry geen terugvoering nie.
   Is daar 'n wet wat 'n werkgewer verplig om jou pensioengeld binne 'n sekere tyd uit te betaal?
   
Antwoord:

Daar bestaan nie 'n tydperk waarbinne die onderwysdepartement verplig word om 'n personeellid se pensioen uit te betaal nie. Al riglyn is dat die tesourie volgens tesouriereëls drie maande het om die uitbetaling af te handel vandat hy die lêer van die departement ontvang het.

Die probleem lê blykbaar meestal by die onderwysdepartement.
   Jy kan jou prokureur opdrag gee om die departement aan te maan om jou pensioengeld binne 'n sekere tyd aan jou uit te betaal.

Sou dit nie slaag nie, is die volgende stap om 'n interdik in die hooggeregshof te verkry. Dit is egter 'n duur pad om te loop.
   Nog 'n moontlikheid is om die saak te verwys na die openbare pensioenberegter, wat skeidsregter is oor pensioensake.


Onnie gee een dag kennis, eis geld

Soek die waarheid skryf:


Ek bestuur 'n opvoedkundige en welsyninstelling wat as 'n art. 21- maatskappy geregistreer is.

Ek het 'n vrou vir 'n driemaande- proeftydperk as onderwyseres aangestel, maar sy het net tien dae gewerk voordat sy bedank het met slegs een dag kennisgewing. Sy is van die eerste van die maand aangestel, maar die kwartaal het eers op die negentiende van die maand begin.

Sy eis nou dat ek haar 'n maand se salaris betaal.

Volgens ooreenkoms moet een week kennis gegee word in die proeftydperk.

Moet ek haar die volle maand se salaris betaal?
   
Antwoord:

Die onderwyswetgewing geld waarskynlik nie in hierdie geval nie - slegs die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV).

Jy as werkgewer moet dus ná bedanking een week se kennis betaal of die persoon dit gewerk het of nie. Jy sal egter hierdie kennisgeld weer sivielregtelik kan verhaal.

Ek is van mening dat jy haar die volle maand se salaris moet betaal omdat sy van die begin van die maand af beskikbaar was vir werk, al het die skool eers die negentiende begin - tensy julle natuurlik kontraktueel ooreengekom het dat jy haar slegs van die negentiende af sou betaal.

- Beeld

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Mostly sunny. Cool. Pta: 6-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 1-9°C Sunny. Cool. Bfn: -1-11°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 11-19°C Rain showers. Morning clouds. Refreshingly cool. PE: 9-14°C Rain showers. More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BPC Specialist

West Rand
Communicate Midrand Finance
R900 000 - R1 200 000 Per Year

Management Accountant - Supply Chain

East Rand
Network Finance Capital Sunninghill
R650 000 - R750 000 Per Year

Group Accountant CA(SA)

Sandton
Network Finance Capital Sunninghill
R1 000 000 - R1 000 001 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!