DIE STORIE: Boetie & Beast (en Alfred ook)

2012-06-02 17:27

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis duidelik dat mense selfs hier in die South Western Township – algemeen bekend as Soweto – wéét van Leon Schuster en sy flieks. Want hy, Kenneth Nkosi en Alfred Ntombela veroorsaak ’n ewe groot beroering, al is dit as ’t ware Kenneth se tuisveld.

’n Afrikaanse man, kompleet met two-tone kakiehemp, kakiekortbroek, kort sokkies en leerstewels, kom vra vir Alfred of hy saam met hom en Leon afgeneem kan word. Dis duidelik dat veral Alfred sy dag gemaak het en ’n ruk later bring die kelnerin drie shooters vir die drie sterre en beduie die Afrikaanse ou het dit gekoop.

Jong swart vroue, ’n yuppie, ’n sakeman, toeriste ... almal kom vra vir ’n foto. Tot die taxi’s ry stadiger om te kyk wie kuier dan nou vandag hier by Sakhumzi, seker een van Soweto se heel bekendste kuierplekke. Dis in Vilakazistraat, die straat waar Hector Pieterson in 1976 tydens die skoolopstande geskiet is. En dáár is Nelson Mandela se ou huis, en hier, net langsaan, het biskop Tutu in sy jonger dae gewoon, beduie Patrick, die restaurantbestuurder. “Ons kry maklik tot 150 toeriste en ander kliënte vir middagete,” vertel hy.

Vandag kry die kliënte sommer ’n lekker bonus: Drie komediante wat spéél vir die (stil) kamera. Moenie dink ’n komediant is altyd snaaks nie – in onderhoude kan hulle baie ernstig wees. Maar vandag is ’n blye weersiens en daar word gekorswel en geskerts oor alles van die liefde tot watter soort whiskey eerste uitverkoop in Boksburg, waar Kenneth woon – “die swart en wit ene vlieg van die rakke af”. En, sê Alfred, al gesien hoe onvas ’n man agter die stuur is as hy die whiskey met die drie skippies gedrink het? Dis alles die seesiekte se skuld…

Wat noem ’n mens ’n Portugees wie se kar gesteel is? Carlos, natuurlik! “Maar moenie worry nie – ’n kar is veilig hier in Soweto. Dis as hy geparkeer is in Parkhurst dat julle bekommerd moet wees,” skerts Kenneth.

Voor die fotograaf se lens word al drie hulle karakters. Leon stoot sy onderkaak uit en Boetie met sy underbite word gebore. Kenneth word ’n boosaardige, glurende Beast uit wie se pad jy eerder moet bly en Alfred se rubbergesig herinner my aan Al Debbo.

Alfred is ’n ou bekende in Leon se flieks, maar Mad Buddies was Kenneth en Leon se eerste fliek saam. Leon het die rol van Beast spesiaal vir Kenneth geskryf nadat hy hom in White Wedding gesien het. “Ek het net geweet hy is die ou vir die rol: cheeky en skerp en ’n lekker innemende ou.”  

Kenneth, ook bekend vir sy rol in Tsotsi, was bra skepties toe Leon bel en vra of hy in ’n Schuster-fliek wil speel. “Leon is die koning van fisieke komedie. Ek is nie goed daarmee nie – al daardie gehardloop en dinge. En ek wou nie my agterstewe wys nie – in ’n Leon-fliek sien mens altyd iemand se agterstewe!” skerts hy. “Maar Leon het my niks laat doen waarmee ek nie gemaklik was nie – onthou, ek het drie dogters tussen een en tien jaar oud wat ook hierdie fliek moet sien.”

Hy kan nie uitgepraat raak oor die eindresultaat nie. “Leon en Gray Hofmeyr ken beslis hulle mark. Hulle het gedurig seker gemaak of iets nie ’n swart gehoor sou aanstoot gee nie. Ek is eintlik ’n klassieke akteur met teater¬ervaring en vir my was dit amper so ’n span¬poging soos ensemble-werk. En ek sal graag my dogters hierdie fliek laat sien. Hierdie fliek is vir almal!”
ie fliek Mad Buddies is die storie van Boetie en Beast, twee manne wat mekaar nie kan verdra nie. ’n Slim TV-vervaardiger (vertolk deur Tanit Phoenix) oorreed hulle om van Durban na Johannesburg te stap. Wat hulle egter nie weet nie is dat dit vir realiteitstelevisie is en dat kameras hulle oral volg.

Leon se inspirasie was Hans en die Rooinek, ’n ou Jamie Uys-fliek, en die Todd Philips-komedie Due Date, ’n komedie oor twee uiteenlopende karakters gespeel deur Robert Downey Jr. en Zach Galifianakis, wat nood¬gedwonge saam deur Amerika moet reis.  

Hy weet sy aanhangers verwag so half candid camera van hom. “Eintlik hou ek meer van stories vertel, maar ’n mens kan nie jou mark buite rekening laat nie. My vriend Braam van Straaten, die eienaar van Tekkie Town, word wyd gerespekteer vir sy sakesukses. Ons praat nou die dag oor die geheim van sake-sukses en hy sê toe iets wat baie waar is. ‘If you cater for the classes, you’re going to eat with the masses. But if you cater for the masses, you’re going to eat with the classes.’”

Leon glo dit ook.

“Ek maak flieks vir gewone Suid-Afrikaners, vir die tannies wat my omhels en met ’n klapsoen groet in die winkel, vir die ou wat Saterdae op Loftus rugby kyk. Dis wat my regtig gelukkig maak. Met Mad Buddies wil ek en Gray al die verskillende Suid-Afrikaanse fliekmarkte bymekaar uitbring.”

Hy lag maar altyd vir die kritiek teen sy soort flieks en vertel van die keer in Waterkloof toe ’n vrou hom voorkeer om te vertel hoe min sy van sy flieks dink. “Ja, sê sy, nadat sy You must be joking vir die derde keer gaan kyk het, kon sy eenvoudig nie langer kyk nie en het sy uitgeloop.”

Hy skater soos hy lag. “Die derde keer! Ek kan nou nog nie besluit of sy ernstig en of dit ’n poets was nie.”

Hy is steeds so ’n bietjie verwonderd oor Disney se betrokkenheid by Mad Buddies. “Dis bietjie van ’n feeverhaal, maar ek bekommer my ook dood daaroor. Hierdie fliek móét presteer, want ’n mens wil nie hê hulle moet hulle geld verloor

Leon oor Boetie en Beast

Leon speel Boetie. “Man, hy lyk sommer soos ’n Boetie. Ek speel nie graag myself in ’n fliek nie en kruip eerder weg agter maskers en kostuums. Maar hierdie keer wou ek ’n karakter sonder grimering en foefies speel. So, ek het besluit Boetie het ’n underbite en voor die spieël geoefen om my kaak uit te stoot. Ons was nie seker of dit gaan werk nie, maar dit het. Boetie het deernis en is ’n nederige ou wat net praat as dit nodig is.”

Beast is weer ’n regte ou grootbek. “Hy is ’n polisieman wat iewers in sy kop seker dink hy is Will Smith. ’n Vreeslike sjarmante ou wat dink hy kan enige vrou kry wat hy wil hê. Hy wil die hele tyd aan almal ’n punt bewys, maar die vroumense vertrap sy ego. Saam met Boetie wys hy wie hy werklik is – al die tyd nie ’n rowwe ou nie, maar eintlik ’n groot ou sissie met ’n klein hartjie.”

“Eendag wil ek nog ’n skurk speel!”

“Man, ek is eintlik ’n eenvoudige outjie van Soweto,” vertel Kenneth. Die dramagogga het op skool gebyt en hy is ’n produk van die Market Theatre se opleidingsakademie. Hy wil nie altyd die snaakse ou speel nie, maar sê nooit nee vir werk nie.

“Eendag wil ek nog ’n groot skurk speel, maar niemand vra my ooit nie!” skerts hy.

Het hy raad vir jong akteurs? “Onthou hoe klein is die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Jy het almal nodig en moet nooit brûe verbrand nie – eendag moet jy weer saam met hulle werk. Moenie dink jy is beter as ander nie, respekteer almal en moenie die ophef oor jou glo nie – dit beteken heeltemal zilch.” Sy vrou, Itumeleng, en sy dogters is sy inspirasie.

Glo dit of nie

* Leon het op die heel eerste dag sy dy¬spier geskeur en mag eintlik glad nie geloop het nie. In die fliek hinkepink hy behoorlik. “Maar gelukkig moet ek in die fliek mank loop omdat Beast my toon afskiet.”
* Hy doen gewoonlik al sy eie toertjies, maar het hierdie keer twee waaghalse gebruik. Kenneth het ook twee waaghalse gehad wat vir hom kon instaan.
* Verfilming het 46 dae geduur.
* Daar was gemiddeld 75 mense daagliks betrokke by die film.  
* Dis die sewende fliek waaraan Leon en Gray Hofmeyr saamwerk.
* Tydens verfilming is 6 000 etes bedien.
* Daar was omtrent 500 ekstras in die fliek en 23 mense in die rolverdeling.
* Boetie en Beast dra dwarsdeur die fliek dieselfde klere, maar Leon en Kenneth het darem tien uitrustings elk gehad wat almal dieselfde lyk.

Mad Buddies open landwyd op 22 Junie.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!